|
Psalms Chapter86 1 'n Gebed van Dawid. HERE, neig u oor, verhoor my, want ek is ellendig en behoeftig. 2 Bewaar my siel, want 'n gunsgenoot is ek; U, my God, verlos u kneg wat op U vertrou. 3 Wees my genadig, o Here, want ek roep U aan die hele dag deur. 4 Verbly die siel van u kneg, want tot U, o Here, hef ek my siel op. 5 Want U, o Here, is goed en vergewensgesind en groot van goedertierenheid vir almal wat U aanroep. 6 HERE, luister na my gebed en let op die stem van my smekinge. 7 In die dag van my benoudheid roep ek U aan, want U verhoor my. 8 Daar is niemand soos U onder die gode, Here, en daar is niks soos u werke nie. 9 Al die nasies wat U gemaak het, sal kom en hulle voor u aangesig neerbuig, Here, en hulle sal u Naam eer; 10 want U is groot en doen wonders, U alleen is God. 11 Leer my, HERE, u weg:ek sal in u waarheid wandel; verenig my hart tot die vrees van u Naam. 12 Here, my God, ek wil U loof met my hele hart en u Naam vir ewig eer; 13 want u goedertierenheid is groot oor my, en U het my siel uit die doderyk diep daaronder gered. 14 o God, vermeteles het teen my opgestaan, en 'n bende tiranne soek my lewe; en hulle stel U nie voor hul oë nie. 15 Maar U, Here, is 'n barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou. 16 Wend U tot my en wees my genadig; gee u sterkte aan u kneg en verlos die seun van u diensmaagd. 17 Doen aan my 'n teken ten goede, sodat my haters dit sien en beskaamd kan staan, omdat U, o HERE, my gehelp en getroos het.
|
|