|
Psalms Chapter14 1 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. Die dwaas sê in sy hart:Daar is geen God nie. Sleg, afskuwelik maak hulle hul dade; daar is niemand wat goed doen nie. 2 Die HERE het uit die hemel neergesien op die mensekinders, om te sien of daar iemand verstandig is, wat na God vra. 3 Hulle het almal afgewyk, tesame het hulle ontaard; daar is niemand wat goed doen, ook nie een nie. 4 Het al die werkers van ongeregtigheid dan geen kennis nie, die wat my volk opeet asof hulle brood eet? Hulle roep die HERE nie aan nie. 5 Dáár het skrik hulle oorweldig, want God is by die regverdige geslag. 6 Die raad van die ellendige- julle kan dit tot skande maak; waarlik, die HERE is sy toevlug. 7 Ag, mag die verlossing van Israel uit Sion kom! As die HERE die lot van sy volk verander, dan sal Jakob juig, Israel sal bly wees.
|
|