|
Psalms Chapter8 1 Vir die musiekleier; op die Gittiet. 'n Psalm van Dawid. 2 o HERE, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde! U wat u majesteit gelê het op die hemele. 3 Uit die mond van kinders en suiglinge het U sterkte gegrondves, om u teëstanders ontwil, om die vyand en wraakgierige stil te maak. 4 As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre wat U toeberei het- 5 wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek? 6 U het hom 'n weinig minder gemaak as 'n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon. 7 U laat hom heers oor die werke van u hande; U het alles onder sy voete gestel: 8 skape en beeste, dié almal, en ook die diere van die veld, 9 die voëls van die hemel en die visse van die see, wat trek deur die paaie van die see. 10 o HERE, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde!
|
|