|
AND
find keywords in
diacritics
Home Page
Genesis Exodus Levítikus Númeri Deuteronómium Josua Rigters Rut 1 Samuel 2 Samuel 1 Konings 2 Konings 1 Kronieke 2 Kronieke Esra Nehemía Ester Job Psalms Spreuke Prediker Hooglied Jesaja Jeremia Klaagliedere Eségiël Daniël Hoséa Joël Amos Obadja Jona Miga Nahum Hábakuk Sefánja Haggai Sagaría Maleági Matthéüs Markus Lukas Johannes Handelinge Romeine 1 Korinthiërs 2 Korinthiërs Galásiërs Efésiërs Filippense Kolossense 1 Thessalonicense 2 Thessalonicense 1 Thimótheüs 2 Thimótheüs Titus Filémon Hebreërs Jakobus 1 Petrus 2 Petrus 1 Johannes 2 Johannes 3 Johannes Judas Openbaring
|
|
|
Psalms Chapter21 1 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. 2 o HERE, die koning is bly oor u sterkte, en hoe baie juig hy oor u hulp! 3 U het hom die wens van sy hart gegee en die begeerte van sy lippe nie geweier nie. Sela. 4 Want U kom hom tegemoet met seëninge van die goeie; op sy hoof sit U 'n kroon van fyn goud. 5 Die lewe het hy van U begeer; U het hom dit gegee:lengte van dae, vir ewig en altyd. 6 Groot is sy eer deur u hulp; majesteit en heerlikheid het U op hom gelê. 7 Want U maak hom baie geseënd vir ewig; U maak hom bly met vreugde by u aangesig. 8 Want die koning vertrou op die HERE, en deur die goedertierenheid van die Allerhoogste sal hy nie wankel nie. 9 U hand sal al u vyande vind; u regterhand sal u haters vind. 10 U sal hulle maak soos 'n vurige oond as U verskyn; die HERE sal hulle verslind in sy toorn, en vuur sal hulle verteer. 11 U sal hulle vrug van die aarde af verdelg en hulle nageslag van die mensekinders af weg. 12 Want hulle het U met onheil bedreig; hulle het 'n listige plan uitgedink sonder om iets uit te rig. 13 Want U sal hulle dwing om te vlug; met u boogsnare sal u mik op hulle gesig. 14 Verhef U, HERE, in u sterkte; ons wil u heldekrag eer met psalmgesang!
|
|
|