|
Psalms Chapter137 1 By die riviere van Babel, daar het ons gesit, ook geween as ons aan Sion dink. 2 Aan die wilgerbome wat daarin is, het ons ons siters opgehang. 3 Want daar het hulle wat ons as gevangenes weggevoer het, van ons die woorde van 'n lied gevra en hulle wat ons verdruk het, vreugde, deur te sê:Sing vir ons 'n Sionslied. 4 Hoe sou ons die lied van die HERE kan sing in 'n vreemde land? 5 As ek jou vergeet, o Jerusalem, laat my regterhand dan homself vergeet! 6 Laat my tong kleef aan my verhemelte as ek aan jou nie dink nie, as ek Jerusalem nie verhef bo my hoogste vreugde nie. 7 HERE, bring in herinnering vir die kinders van Edom die dag van Jerusalem, hulle wat gesê het:Breek weg, breek weg, tot op die grond met hom! 8 o Dogter van Babel, jy verwoeste, gelukkig is hy wat jou sal vergeld wat jy ons aangedoen het! 9 Gelukkig is hy wat jou kinders gryp en verpletter teen die rots!
|
|