|
Psalms Chapter12 1 Vir die musiekleier; met basstem. 'n Psalm van Dawid. 2 Red, o Here, want daar is geen vrome meer nie; want die getroues het verdwyn onder die mensekinders. 3 Hulle praat leuens, die een met die ander; met vleiende lippe spreek hulle dubbelhartig. 4 Mag die HERE al die vleiende lippe uitroei, die tong wat grootpraat, 5 hulle wat sê:Met ons tong is ons sterk; ons lippe is met ons! Wie is heer oor ons? 6 Oor die verdrukking van die ellendiges, oor die gesug van die behoeftiges sal Ek nou opstaan, sê die HERE; Ek sal hom in veiligheid stel wat daarna smag. 7 Die woorde van die HERE is rein woorde, silwer wat gelouter is in 'n smeltkroes in die aarde, gesuiwer sewe maal. 8 U, o HERE, sal hulle bewaar; U sal ons bewaar van hierdie geslag vir ewig. 9 Die goddelose draf rond as laagheid die oorhand kry by die mensekinders.
|
|