Bible-Server.org  
 
 
Praise the Lord, all ye nations      
Psalms 117:1       
 
enter keywords   match
 AND find keywords in
diacritics
Home Page
Genesis
Exodus
Levítikus
Númeri
Deuteronómium
Josua
Rigters
Rut
1 Samuel
2 Samuel
1 Konings
2 Konings
1 Kronieke
2 Kronieke
Esra
Nehemía
Ester
Job
Psalms
Spreuke
Prediker
Hooglied
Jesaja
Jeremia
Klaagliedere
Eségiël
Daniël
Hoséa
Joël
Amos
Obadja
Jona
Miga
Nahum
Hábakuk
Sefánja
Haggai
Sagaría
Maleági
Matthéüs
Markus
Lukas
Johannes
Handelinge
Romeine
1 Korinthiërs
2 Korinthiërs
Galásiërs
Efésiërs
Filippense
Kolossense
1 Thessalonicense
2 Thessalonicense
1 Thimótheüs
2 Thimótheüs
Titus
Filémon
Hebreërs
Jakobus
1 Petrus
2 Petrus
1 Johannes
2 Johannes
3 Johannes
Judas
Openbaring
 
 

 
 
translate into
2 Thessalonicense Chapter1
 
1 Paulus en Silvánus en Timótheüs aan die gemeente van die Thessalonicense in God onse Vader en die Here Jesus Christus:
 
2 Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!
 
3 Ons moet God altyd oor julle dank, broeders, soos dit billik is, omdat julle geloof grootliks toeneem en die wederkerige liefde van elkeen van julle almal groter word,
 
4 sodat ons self in die gemeentes van God oor julle roem vanweë jul volharding en geloof onder al julle vervolginge en die verdrukkinge wat julle verduur--
 
5 'n teken van die regverdige oordeel van God, dat julle die koninkryk van God waardig geag mag word, waarvoor julle ook ly;
 
6 aangesien dit reg is by God om aan die wat julle verdruk, verdrukking te vergelde,
 
7 en aan julle wat verdruk word, verligting te gee saam met ons in die openbaring van die Here Jesus uit die hemel met sy magtige engele
 
8 in vuur en vlam, wanneer Hy wraak uitoefen op die wat God nie ken nie en op die wat aan die evangelie van onse Here Jesus nie gehoorsaam is nie.
 
9 Hulle sal as straf ondergaan 'n ewige verderf, weg van die aangesig van die Here en van die heerlikheid van sy sterkte,
 
10 wanneer Hy kom om verheerlik te word in sy heiliges en bewonder te word in almal wat glo, in daardie dag; want ons getuienis het by julle geloof gevind.
 
11 Daarom bid ons ook altyd vir julle dat onse God julle die roeping waardig mag ag, en dat Hy alle welgevalle aan wat goed is, en alle werk van die geloof met krag volkome mag maak,
 
12 sodat die Naam van onse Here Jesus Christus in julle verheerlik kan word en julle in Hom, ooreenkomstig die genade van onse God en die Here Jesus Christus.
 
 

  | 2 | 3 | [ Next ]