|
Psalms Chapter130 1 'n Bedevaartslied. Uit die dieptes roep ek U aan, o HERE! 2 Here, hoor na my stem; laat u ore luister na die stem van my smekinge. 3 As U, HERE, die ongeregtighede in gedagtenis hou, Here, wie sal bestaan? 4 Maar by U is vergewing, dat U gevrees mag word. 5 Ek wag op die HERE; my siel wag, en ek hoop op sy woord. 6 My siel wag op die Here meer as wagters op die môre, wagters op die môre. 7 Wag op die HERE, o Israel! want by die HERE is die goedertierenheid, en by Hom is daar veel verlossing; 8 en Hy self sal Israel verlos van al sy ongeregtighede.
|
|