|
Psalms Chapter120 1 'n Bedevaartslied. Ek roep die HERE aan in my benoudheid, en Hy verhoor my. 2 o HERE, red my siel van die valse lippe, van die bedrieglike tong! 3 Wat sal Hy jou gee of wat vir jou daaraan toevoeg, o bedrieglike tong? 4 Skerp pyle van 'n held saam met gloeiende kole van besembosse. 5 Wee my dat ek as vreemdeling vertoef in Meseg, dat ek by die tente van Kedar woon! 6 Te lank al woon my siel by die wat die vrede haat. 7 Ek is vredeliewend; maar as ek spreek, is hulle op oorlog uit.
|
|