|
Psalms Chapter100 1 'n Psalm. By die lofoffer. Juig voor die HERE, o ganse aarde! 2 Dien die HERE met blydskap; kom voor sy aangesig met gejubel. 3 Erken dat die HERE God is:Hy het ons gemaak, en ons is syne, sy volk en die skape van sy weide. 4 Gaan sy poorte in met lof, sy voorhowe met lofgesang; loof Hom, prys sy Naam. 5 Want die HERE is goed; sy goedertierenheid is tot in ewigheid, en sy trou van geslag tot geslag.
|
|