Bible-Server.org  
 
 
Praise the Lord, all ye nations      
Psalms 117:1       
 
enter keywords   match
 AND find keywords in
diacritics
Home Page
Genesis
Exodus
Levítikus
Númeri
Deuteronómium
Josua
Rigters
Rut
1 Samuel
2 Samuel
1 Konings
2 Konings
1 Kronieke
2 Kronieke
Esra
Nehemía
Ester
Job
Psalms
Spreuke
Prediker
Hooglied
Jesaja
Jeremia
Klaagliedere
Eségiël
Daniël
Hoséa
Joël
Amos
Obadja
Jona
Miga
Nahum
Hábakuk
Sefánja
Haggai
Sagaría
Maleági
Matthéüs
Markus
Lukas
Johannes
Handelinge
Romeine
1 Korinthiërs
2 Korinthiërs
Galásiërs
Efésiërs
Filippense
Kolossense
1 Thessalonicense
2 Thessalonicense
1 Thimótheüs
2 Thimótheüs
Titus
Filémon
Hebreërs
Jakobus
1 Petrus
2 Petrus
1 Johannes
2 Johannes
3 Johannes
Judas
Openbaring
 
 

 
 
translate into
Hebreërs Chapter1
 
1 Nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun
 
2 wat Hy as erfgenaam van alles aangestel het, deur wie Hy ook die wêreld gemaak het.
 
3 Hy, wat die afskynsel is van sy heerlikheid en die afdruksel van sy wese en alle dinge dra deur die woord van sy krag, nadat Hy deur Homself die reiniging van ons sondes bewerk het, het gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoogte,
 
4 terwyl Hy soveel uitnemender geword het as die engele namate Hy 'n voortrefliker naam geërf het as hulle.
 
5 Want aan wie van die engele het Hy ooit gesê:U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer? en weer:Ek sal vir Hom 'n Vader wees, en Hy sal vir My 'n Seun wees?
 
6 En wanneer Hy weer die Eersgeborene in die wêreld inbring, sê Hy:En al die engele van God moet Hom aanbid.
 
7 En van die engele sê Hy wel:Hy wat van sy boodskappers winde maak en van sy dienaars vuurvlamme;
 
8 maar van die Seun:U troon, o God, is tot in alle ewigheid, die septer van u koninkryk is 'n regverdige septer;
 
9 U het geregtigheid liefgehad en ongeregtigheid gehaat; daarom het, o God, u God U gesalf met vreugde-olie bo u metgeselle;
 
10 en:U, o Here, het in die begin die aarde gegrondves en die hemele is werke van u hande.
 
11 Hulle sal vergaan, maar U bly; en hulle sal almal soos 'n kleed verslyt,
 
12 en soos 'n mantel sal U hulle toerol, en hulle sal verander word, maar U is dieselfde, en u jare het geen einde nie.
 
13 En aan watter een van die engele het Hy ooit gesê:Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het 'n voetbank van u voete?
 
14 Is hulle nie almal dienende geeste wat vir diens uitgestuur word ter wille van die wat die saligheid sal beërwe nie?
 
 

  | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | [ Next ]