|
Psalms Chapter70 1 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid, by die gedenkoffer. 2 o God, maak tog gou om my te red, o HERE, om my te help! 3 Laat hulle wat my lewe soek, beskaamd staan en rooi van skaamte word; laat hulle wat behae het in my ongeluk, agteruitwyk en in die skande kom. 4 Laat hulle wat sê:Ha, ha! teruggaan vanweë hul beskaming. 5 Laat in U vrolik en bly wees almal wat U soek; en laat die liefhebbers van u heil altyddeur sê:Groot is God! 6 Maar ek is ellendig en behoeftig:o God, kom tog gou na my! U is my hulp en my redder; HERE, vertoef tog nie!
|
|