|
Psalms Chapter114 1 Toe Israel uit Egipte getrek het, die huis van Jakob uit 'n volk met 'n vreemde taal, 2 het Juda sy heiligdom geword, Israel sy ryksgebied. 3 Die see het dit gesien en gevlug; die Jordaan het agteruitgewyk. 4 Die berge het rondgespring soos ramme, die heuwels soos lammers. 5 Wat is dit met jou, o see, dat jy vlug? o Jordaan, dat jy agteruitwyk? 6 o Berge, dat julle rondspring soos ramme? o Heuwels, soos lammers? 7 Beef, aarde, voor die aangesig van die HERE, voor die aangesig van die God van Jakob, 8 wat die rots verander het in 'n waterplas, die keisteen in 'n waterfontein!
|
|