|
Psalms Chapter93 1 Die HERE is Koning; Hy is met hoogheid bekleed. Die HERE is bekleed, Hy het Hom met sterkte gegord. Ook staan die wêreld vas, sodat dit nie wankel nie. 2 Vas staan u troon van ouds af; van ewigheid af is U. 3 Die riviere, o HERE, het verhef, die riviere het hulle gebruis verhef; die riviere verhef hulle geraas! 4 Meer as die gebruis van groot, geweldige waters, van die golwe van die see, is die HERE geweldig in die hoogte! 5 U getuienisse is baie betroubaar. Heiligheid pas by u huis, HERE, tot in lengte van dae!
|
|