|
Psalms Chapter113 1 Halleluja! Loof, o knegte van die HERE, loof die Naam van die HERE! 2 Laat die Naam van die HERE geprys word, van nou af tot in ewigheid! 3 Van die opgang van die son tot by sy ondergang moet die Naam van die HERE geloof word! 4 Die HERE is hoog bo al die nasies; bo die hemele is sy heerlikheid. 5 Wie is soos die HERE onse God, wat hoog woon, 6 wat laag neersien, in die hemel en op die aarde? 7 Wat die geringe uit die stof oprig, die behoeftige van die ashoop af verhef; 8 om hom te laat sit by die edeles, by die edeles van sy volk. 9 Wat die onvrugbare van die huis laat woon- 'n blye moeder van kinders. Halleluja!
|
|