Bible-Server.org  
 
 
Praise the Lord, all ye nations      
Psalms 117:1       
 
enter keywords   match
 AND find keywords in
diacritics
Home Page
Genesis
Exodus
Levítikus
Númeri
Deuteronómium
Josua
Rigters
Rut
1 Samuel
2 Samuel
1 Konings
2 Konings
1 Kronieke
2 Kronieke
Esra
Nehemía
Ester
Job
Psalms
Spreuke
Prediker
Hooglied
Jesaja
Jeremia
Klaagliedere
Eségiël
Daniël
Hoséa
Joël
Amos
Obadja
Jona
Miga
Nahum
Hábakuk
Sefánja
Haggai
Sagaría
Maleági
Matthéüs
Markus
Lukas
Johannes
Handelinge
Romeine
1 Korinthiërs
2 Korinthiërs
Galásiërs
Efésiërs
Filippense
Kolossense
1 Thessalonicense
2 Thessalonicense
1 Thimótheüs
2 Thimótheüs
Titus
Filémon
Hebreërs
Jakobus
1 Petrus
2 Petrus
1 Johannes
2 Johannes
3 Johannes
Judas
Openbaring
 
 

 
 
translate into
Job Chapter4
 
1 Toe antwoord Élifas, die Temaniet, en sê:
 
2 As 'n mens dit met 'n woord by jou waag, sal jy ontstemd wees? Maar woorde inhou--wie kan dit?
 
3 Kyk, jy het baie mense tereggewys en slap hande versterk.
 
4 Jou woorde het opgerig die wat struikel, en jy het knikkende knieë versterk.
 
5 Maar nou dat dit jóu oorkom, is jy moedverlore; nou dat dit jóu tref, is jy verslae!
 
6 Is jou Godsvrees nie jou hoop, jou vrome wandel nie jou verwagting nie?
 
7 Bedink tog, wie het ooit onskuldig omgekom, en waar is opregtes verdelg?
 
8 Volgens ek gesien het:Die wat onreg ploeg en moeite saai, dié maai dit.
 
9 Deur die asem van God kom hulle om, en deur die geblaas van sy toorn word hulle vernietig.
 
10 Die gebrul van die leeu en die stem van die bruller--ja, die tande van die jong leeus word uitgebreek.
 
11 Die leeu kom om by gebrek aan prooi, en die kleintjies van die leeuin word verstrooi.
 
12 Verder is 'n woord op geheimsinnige wyse na my gebring, en my oor het 'n gefluister daarvan opgevang,
 
13 by die gedagtespel, uit naggesigte gebore, wanneer diepe slaap op die mense val.
 
14 Skrik het oor my gekom en siddering en het my hele gebeente laat bewe.
 
15 Toe skuif daar 'n gees voor my verby; die hare van my vlees het opgerys.
 
16 Hy bly staan, maar ek kon sy gedaante nie herken nie--'n verskyning voor my oë! Ek hoor die gefluister van 'n stem wat sê:
 
17 Sou 'n sterfling regverdig wees voor God? Of 'n man rein wees voor sy Maker?
 
18 Kyk, in sy dienaars stel Hy geen vertroue nie, en by sy engele ontdek Hy dwaling.
 
19 Hoeveel meer by hulle wat kleihuise bewoon, van wie die grondslag in die stof is, wat fyngedruk word soos 'n mot.
 
20 Tussen môre en aand word hulle verpletter; hulle kom vir ewig om sonder dat iemand daar ag op gee.
 
21 Word hulle tentlyn nie losgeruk in hulle nie? Hulle sterwe, en dit sonder wysheid.
 
 

  [ Prev ] 1 | 2 | 3 | | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | 32 | 33 | 34 | 35 | 36 | 37 | 38 | 39 | 40 | 41 | 42 | [ Next ]