Bible-Server.org  
 
 
Praise the Lord, all ye nations      
Psalms 117:1       
 
enter keywords   match
 AND find keywords in
diacritics
Home Page
Genesis
Exodus
Levítikus
Númeri
Deuteronómium
Josua
Rigters
Rut
1 Samuel
2 Samuel
1 Konings
2 Konings
1 Kronieke
2 Kronieke
Esra
Nehemía
Ester
Job
Psalms
Spreuke
Prediker
Hooglied
Jesaja
Jeremia
Klaagliedere
Eségiël
Daniël
Hoséa
Joël
Amos
Obadja
Jona
Miga
Nahum
Hábakuk
Sefánja
Haggai
Sagaría
Maleági
Matthéüs
Markus
Lukas
Johannes
Handelinge
Romeine
1 Korinthiërs
2 Korinthiërs
Galásiërs
Efésiërs
Filippense
Kolossense
1 Thessalonicense
2 Thessalonicense
1 Thimótheüs
2 Thimótheüs
Titus
Filémon
Hebreërs
Jakobus
1 Petrus
2 Petrus
1 Johannes
2 Johannes
3 Johannes
Judas
Openbaring
 
 

 
 
translate into
Job Chapter8
 
1 Toe het Bildad, die Suhiet, geantwoord en gesê:
 
2 Hoe lank sal jy hierdie dinge spreek en die woorde van jou mond 'n geweldige wind wees?
 
3 Sou God die reg verdraai, of die Almagtige die geregtigheid krenk?
 
4 As jou kinders teen Hom gesondig het, het Hy hulle aan hul oortreding oorgegee.
 
5 As jy na God soek en die Almagtige om genade smeek,
 
6 as jy rein en opreg is, ja, dan sal Hy oor jou opwaak en jou woning herstel ooreenkomstig jou geregtigheid;
 
7 dan sal jou begin gering wees, maar jou einde baie groot.
 
8 Want doen tog navraag by die vorige geslag, en gee ag op wat hulle vaders nagespeur het;
 
9 (want ons is van gister en weet niks nie, omdat ons dae 'n skaduwee op die aarde is;)
 
10 sal húlle jou nie leer, jou dit nie sê en woorde uit hul hart voortbring nie?
 
11 Skiet die biesie op waar geen moeras is nie? Groei die riet sonder water?
 
12 Nog is dit in sy volle groei--sonder dat dit afgepluk word--dan verdor dit voor al die ander gras.
 
13 So gaan dit met almal wat God vergeet, en so vergaan die verwagting van die goddelose;
 
14 sy hoop is afgesny en die voorwerp van sy vertroue is 'n spinnerak.
 
15 Hy steun op sy huis, maar dit bly nie staan nie; hy klem hom daaraan vas, maar dit hou geen stand nie.
 
16 Vol sap staan hy in die son, en sy ranke sprei uit oor sy tuin.
 
17 Sy wortels is gevleg oor 'n hoop klippe heen, 'n kliphuis deurboor hy.
 
18 As Hy hom vernietig uit sy plek, sal dit hom verloën en sê:Ek het jou nie gesien nie.
 
19 Kyk, dit is die vreugde van sy lewensweg, en uit die stof spruit daar ander uit!
 
20 Kyk, God verwerp die vrome nie, en Hy vat die kwaaddoeners nie aan die hand nie.
 
21 Terwyl Hy jou mond met gelag vervul en jou lippe met gejuig,
 
22 sal jou haters met skaamte beklee word, en die tent van die goddelose--weg is dit!
 
 

  [ Prev ] 1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | 32 | 33 | 34 | 35 | 36 | 37 | 38 | 39 | 40 | 41 | 42 | [ Next ]