Bible-Server.org  
 
 
Praise the Lord, all ye nations      
Psalms 117:1       
 
enter keywords   match
 AND find keywords in
diacritics
Home Page
Genesis
Exodus
Levítikus
Númeri
Deuteronómium
Josua
Rigters
Rut
1 Samuel
2 Samuel
1 Konings
2 Konings
1 Kronieke
2 Kronieke
Esra
Nehemía
Ester
Job
Psalms
Spreuke
Prediker
Hooglied
Jesaja
Jeremia
Klaagliedere
Eségiël
Daniël
Hoséa
Joël
Amos
Obadja
Jona
Miga
Nahum
Hábakuk
Sefánja
Haggai
Sagaría
Maleági
Matthéüs
Markus
Lukas
Johannes
Handelinge
Romeine
1 Korinthiërs
2 Korinthiërs
Galásiërs
Efésiërs
Filippense
Kolossense
1 Thessalonicense
2 Thessalonicense
1 Thimótheüs
2 Thimótheüs
Titus
Filémon
Hebreërs
Jakobus
1 Petrus
2 Petrus
1 Johannes
2 Johannes
3 Johannes
Judas
Openbaring
 
 

 
 
translate into
Job Chapter9
 
1 Maar Job het geantwoord en gesê:
 
2 Waarlik, ek weet dat dit so is; en hoe kan 'n mens regverdig wees by God?
 
3 As hy sou begeer om met Hom te twis, nie een uit duisend sal hy Hom kan antwoord nie.
 
4 Hy is wys van hart en sterk van krag; wie was hardnekkig teen Hom en het ongestraf gebly?
 
5 Hy wat berge versit sonder dat hulle dit merk; wat hulle omkeer in sy toorn;
 
6 wat die aarde laat sidder uit sy plek, sodat sy pilare dril;
 
7 wat bevel gee aan die son, en hy gaan nie op nie, en die sterre agter 'n seël wegsluit;
 
8 wat alleen die hemel uitspan en stap op die golwe van die see;
 
9 wat die Beer gemaak het, die Oríon en die Sewe-ster en die Kamers van die Suide;
 
10 wat groot, ondeurgrondelike dinge doen en wonders sonder getal.
 
11 Gaan Hy by my langs, dan sien ek Hom nie, en Hy skuif verby sonder dat ek Hom bemerk.
 
12 Sleep Hy weg--wie sal Hom teëhou? Wie vir Hom sê:Wat maak U?
 
13 God wend sy toorn nie af nie; onder Hom moet die helpers van Rahab kruip.
 
14 Hoeveel minder sal ék Hom kan antwoord, sal ek my woorde kan kies teenoor Hom;
 
15 Hom wat ek nie kan antwoord nie, al was ek regverdig:ek kan my regter net om genade smeek!
 
16 As ek dagvaar en Hy my antwoord, glo ek nie dat Hy na my stem sal luister nie.
 
17 Hy wat my deur 'n stormwind sou vernietig en my wonde sonder oorsaak sou vermeerder;
 
18 my nie sou toelaat om asem te skep nie, maar my sou versadig met bitterhede.
 
19 Kom dit aan op die krag van die sterkste--hier is Ek! En kom dit op reg aan--wie kan My dagvaar?
 
20 Al was ek regverdig, my eie mond sou my veroordeel; al was ek onskuldig, Hy sou my as 'n verkeerde reken.
 
21 Vroom is ek! Ek gee niks om myself nie:ek verfoei my lewe!
 
22 Dit is net eenders--daarom sê ek:Die vrome en die goddelose vernietig Hy.
 
23 As die gésel skielik doodmaak, spot Hy met die vertwyfeling van die onskuldiges.
 
24 Die aarde is aan die mag van die goddelose oorgelewer, die gesig van die regters bind Hy toe. Is dit nie Hy nie, wie dan anders?
 
25 Ja my dae was gouer as 'n hardloper; hulle het weggevlug sonder om voorspoed te sien.
 
26 Hulle het verbygegly soos skepe van biesies, soos 'n arend wat neerskiet op sy prooi.
 
27 As ek sê:Ek wil my geklaag vergeet, my droewige gesig laat vaar en vrolik word,
 
28 dan is ek al bang vir al my smarte:ek weet dat U my nie sal vryspreek nie.
 
29 Ek sal tog skuldig wees--waarom sal ek my dan tevergeefs afmat?
 
30 Al was ek my met sneeu en reinig ek my hande met loog,
 
31 dan sou U my in 'n poel indompel, sodat my klere van my 'n afsku kry.
 
32 Want Hy is nie 'n man soos ek, dat ek Hom sou kan antwoord, dat ons saam na die gereg sou kan gaan nie.
 
33 Daar is geen skeidsregter tussen ons wat sy hand op ons twee kan lê nie.
 
34 Laat Hy sy roede van my wegneem, en laat sy verskrikking my nie beangstig nie;
 
35 dan wil ek spreek sonder dat ek vir Hom bevrees is; want só is dit met my nie gesteld nie.
 
 

  [ Prev ] 1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | 32 | 33 | 34 | 35 | 36 | 37 | 38 | 39 | 40 | 41 | 42 | [ Next ]