Bible-Server.org  
 
 
Praise the Lord, all ye nations      
Psalms 117:1       
 
enter keywords   match
 AND find keywords in
diacritics
Home Page
Genesis
Exodus
Levítikus
Númeri
Deuteronómium
Josua
Rigters
Rut
1 Samuel
2 Samuel
1 Konings
2 Konings
1 Kronieke
2 Kronieke
Esra
Nehemía
Ester
Job
Psalms
Spreuke
Prediker
Hooglied
Jesaja
Jeremia
Klaagliedere
Eségiël
Daniël
Hoséa
Joël
Amos
Obadja
Jona
Miga
Nahum
Hábakuk
Sefánja
Haggai
Sagaría
Maleági
Matthéüs
Markus
Lukas
Johannes
Handelinge
Romeine
1 Korinthiërs
2 Korinthiërs
Galásiërs
Efésiërs
Filippense
Kolossense
1 Thessalonicense
2 Thessalonicense
1 Thimótheüs
2 Thimótheüs
Titus
Filémon
Hebreërs
Jakobus
1 Petrus
2 Petrus
1 Johannes
2 Johannes
3 Johannes
Judas
Openbaring
 
 

 
 
translate into
Job Chapter39
 
1 Kan jy prooi jag vir die leeuin? Of die honger van die jong leeus stil maak
 
2 as hulle neerbuig in die lêplekke, klaar sit in die skuilplek om te loer?
 
3 Wie berei vir die kraai sy spys as sy kleintjies roep tot God, ronddwaal by gebrek aan voedsel?
 
4 Weet jy die tyd as die steenbokke lam? Neem jy dit waar as die takbokooie voortbring?
 
5 Tel jy die maande wat hulle dragtig is? En weet jy die tyd dat hulle lam?
 
6 Hulle buig hul krom, bring hulle kleintjies voort--weg is hulle weë!
 
7 Hulle kleintjies word sterk, word groot in die veld, loop weg en kom na hulle nie terug nie.
 
8 Wie het die wilde-esel so vry laat loop? En wie het die bande van die woestyn-esel losgemaak?
 
9 Vir hom het Ek die wildernis sy huis gemaak en die brak land sy woonplek.
 
10 Hy lag oor die gewoel van die stad; die geskreeu van die drywer hoor hy nie.
 
11 Die omgewing van die berge is sy weiveld; en al wat groen is, soek hy uit.
 
12 Sal die buffel gewillig wees om jou te dien? Of sal hy vernag by jou krip?
 
13 Kan jy die buffel aan die ploegvoor bind met sy trektou? Of sal hy die laagtes agter jou eg?
 
14 Sal jy op hom vertrou, omdat sy krag groot is? En aan hom jou arbeid oorlaat?
 
15 Kan jy op hom reken, dat hy jou gesaaide sal inbring en bymekaarmaak op jou dorsvloer?
 
16 Die vlerk van die volstruis klap vrolik. Is dit 'n sagaardige vleuel en veer?
 
17 Want sy laat haar eiers op die grond lê en hou hulle warm op die grond;
 
18 en vergeet dat 'n voet dit kan stukkend druk en die wilde diere van die veld dit kan vertrap.
 
19 Hard behandel sy haar kleintjies asof dit nie hare is nie; is haar moeite tevergeefs--sy is nie bekommerd nie.
 
20 Want God het haar die wysheid ontsê en haar geen deel gegee aan die verstand nie.
 
21 Wanneer sy haarself in die hoogte klap, lag sy oor die perd en sy ruiter.
 
22 Gee jy aan die perd sterkte? Beklee jy sy nek met maanhare?
 
23 Laat jy hom spring soos die sprinkaan? Sy trotse gesnuif is 'n verskrikking.
 
24 Hy grawe in die laagte en is vrolik in sy krag; hy trek uit, die stryd tegemoet.
 
25 Hy lag oor die vrees en word nie verskrik nie en draai nie om vir die swaard nie.
 
26 Op hom rammel die pylkoker, die flikkerende spies en lans.
 
27 Onstuimig en wild verslind hy die grond en staan nie stil as die basuin klink nie.
 
28 By elke basuinstoot sê hy:Heag! En van ver ruik hy die oorlog, die donderroep van die leërowerstes en die oorlogsgeskreeu.
 
29 Sweef die valk opwaarts deur jou verstand en sprei sy vlerke uit na die suide toe?
 
30 Of vlieg die adelaar hoog op jou bevel en bou hy hoog sy nes?
 
31 Op die rots woon hy en vernag hy, op die rotspunt en bergvesting.
 
32 Daarvandaan loer hy op voedsel, sy oë kyk in die verte.
 
33 Ook slurp sy kleintjies bloed, en waar gesneuweldes lê, daar is hy.
 
34 En die HERE het Job geantwoord en gesê:
 
35 Wil die berisper met die Almagtige twis? Laat hy wat God teregwys, hierop antwoord!
 
36 Toe het Job die HERE geantwoord en gesê:
 
37 Kyk, ek is te gering. Wat kan ek U antwoord? Ek lê my hand op my mond.
 
38 Een maal het ek gespreek, maar sal nie meer antwoord nie; ja, twee maal, maar ek sal nie voortgaan nie.
 
 

  [ Prev ] 1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | 32 | 33 | 34 | 35 | 36 | 37 | 38 | 39 | 40 | 41 | 42 | [ Next ]