Bible-Server.org  
 
 
Praise the Lord, all ye nations      
Psalms 117:1       
 
enter keywords   match
 AND find keywords in
diacritics
Home Page
Genesis
Exodus
Levítikus
Númeri
Deuteronómium
Josua
Rigters
Rut
1 Samuel
2 Samuel
1 Konings
2 Konings
1 Kronieke
2 Kronieke
Esra
Nehemía
Ester
Job
Psalms
Spreuke
Prediker
Hooglied
Jesaja
Jeremia
Klaagliedere
Eségiël
Daniël
Hoséa
Joël
Amos
Obadja
Jona
Miga
Nahum
Hábakuk
Sefánja
Haggai
Sagaría
Maleági
Matthéüs
Markus
Lukas
Johannes
Handelinge
Romeine
1 Korinthiërs
2 Korinthiërs
Galásiërs
Efésiërs
Filippense
Kolossense
1 Thessalonicense
2 Thessalonicense
1 Thimótheüs
2 Thimótheüs
Titus
Filémon
Hebreërs
Jakobus
1 Petrus
2 Petrus
1 Johannes
2 Johannes
3 Johannes
Judas
Openbaring
 
 

 
 
translate into
Hebreërs Chapter3
 
1 Daarom, heilige broeders, deelgenote van die hemelse roeping, let op die Apostel en Hoëpriester van ons belydenis, Christus Jesus,
 
2 wat getrou was aan Hom wat Hom aangestel het, net soos Moses ook in sy hele huis.
 
3 Want Hy is meer heerlikheid waardig geag as Moses, namate hy wat die huis gebou het, meer eer het as die huis;
 
4 want elke huis word deur iemand gebou, maar Hy wat alle dinge gebou het, is God.
 
5 En Moses was wel getrou in sy hele huis as 'n dienaar, om te getuig van wat nog gespreek sou word,
 
6 maar Christus as Seun oor sy huis. En ons is sy huis as ons net die vrymoedigheid en die roem van die hoop tot die einde toe onwrikbaar vashou.
 
7 Daarom, soos die Heilige Gees spreek:Vandag as julle sy stem hoor,
 
8 verhard julle harte nie soos in die verbittering, in die dag van die versoeking in die woestyn nie,
 
9 waar julle vaders My versoek, My beproef het en my werke veertig jaar lank gesien het.
 
10 Daarom het Ek vertoornd geword op daardie geslag en gesê:Altyd dwaal hulle met die hart. Maar húlle het my weë nie leer ken nie,
 
11 sodat Ek in my toorn gesweer het:Hulle sal in my rus nie ingaan nie.
 
12 Sorg daarvoor, broeders, dat daar nie miskien in een van julle 'n bose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende God afvallig word nie.
 
13 Maar vermaan mekaar elke dag so lank as dit vandag genoem word, sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie.
 
14 Want ons het deelgenote van Christus geword, as ons net die begin van ons vertroue tot die einde toe onwrikbaar vashou;
 
15 omdat daar gesê word:Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie soos in die verbittering nie.
 
16 Wie was dit dan wat gehoor het en Hom verbitter het? Was dit nie almal wat onder leiding van Moses uit Egipte gegaan het nie?
 
17 En op wie was Hy veertig jaar lank vertoornd? Was dit nie op die wat gesondig het, wie se lyke in die woestyn geval het nie?
 
18 En aan wie het Hy gesweer dat hulle in sy rus nie sal ingaan nie, behalwe aan die ongehoorsames?
 
19 En ons sien dat hulle deur ongeloof nie kon ingaan nie.
 
 

  [ Prev ] 1 | 2 | | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | [ Next ]