Bible-Server.org  
 
 
Praise the Lord, all ye nations      
Psalms 117:1       
 
enter keywords   match
 AND find keywords in
diacritics
Home Page
Genesis
Exodus
Levítikus
Númeri
Deuteronómium
Josua
Rigters
Rut
1 Samuel
2 Samuel
1 Konings
2 Konings
1 Kronieke
2 Kronieke
Esra
Nehemía
Ester
Job
Psalms
Spreuke
Prediker
Hooglied
Jesaja
Jeremia
Klaagliedere
Eségiël
Daniël
Hoséa
Joël
Amos
Obadja
Jona
Miga
Nahum
Hábakuk
Sefánja
Haggai
Sagaría
Maleági
Matthéüs
Markus
Lukas
Johannes
Handelinge
Romeine
1 Korinthiërs
2 Korinthiërs
Galásiërs
Efésiërs
Filippense
Kolossense
1 Thessalonicense
2 Thessalonicense
1 Thimótheüs
2 Thimótheüs
Titus
Filémon
Hebreërs
Jakobus
1 Petrus
2 Petrus
1 Johannes
2 Johannes
3 Johannes
Judas
Openbaring
 
 

 
 
translate into
2 Kronieke Chapter17
 
1 En sy seun Jósafat het in sy plek koning geword en hom versterk teen Israel.
 
2 En hy het 'n leërmag in al die versterkte stede van Juda geplaas en wagposte in die land Juda opgestel en in die stede van Efraim wat sy vader Asa ingeneem het.
 
3 En die HERE was met Jósafat, want hy het in die vroeëre weë van sy vader Dawid gewandel en die Baäls nie gesoek nie,
 
4 maar die God van sy vader gesoek en in sy gebooie gewandel en nie gedoen soos Israel nie.
 
5 Daarom het die HERE die koningskap in sy hand bevestig; en die hele Juda het aan Jósafat geskenke gegee, sodat hy rykdom en eer in oorvloed gehad het.
 
6 En sy hart het moedig geword in die weë van die HERE, en verder het hy die hoogtes en die heilige boomstamme uit Juda verwyder.
 
7 En in die derde jaar van sy regering het hy sy owerstes Ben-Hail en Obádja en Sagaría en Netáneël en Migája gestuur om in die stede van Juda onderrig te gee;
 
8 en saam met hulle die Leviete Semája en Netánja en Sebádja en Asahel en Semíramot en Jónatan en Adónia en Tobía en Tob-Adónia, die Leviete; en saam met hulle die priesters Elisáma en Joram.
 
9 En hulle het in Juda onderrig gegee met die wetboek van die HERE by hulle, en in al die stede van Juda rondgegaan en onder die volk onderrig gegee.
 
10 En 'n skrik vir die HERE het gekom oor al die koninkryke van die lande wat rondom Juda was, sodat hulle nie teen Jósafat oorlog gevoer het nie.
 
11 En van die Filistyne het vir Jósafat geskenke en 'n vrag silwer gebring; selfs die Arabiere het vir hom kleinvee gebring:sewe duisend sewe honderd ramme en sewe duisend sewe honderd bokke.
 
12 So het Jósafat dan aldeur groter geword, buitengewoon groot, en in Juda forte en voorraadstede gebou.
 
13 En hy het groot voorrade in die stede van Juda gehad, en krygsmanne, dapper helde, in Jerusalem.
 
14 En dit was hulle getal volgens hulle families:Van Juda was owerstes oor duisend:die owerste Adna en saam met hom drie honderd duisend dapper helde;
 
15 en naas hom was die owerste Jóhanan en saam met hom twee honderd en tagtig duisend;
 
16 en naas hom was Amásia, die seun van Sigri, wat hom gewillig getoon het vir die HERE, en saam met hom twee honderd duisend dapper helde;
 
17 en uit Benjamin was Éljada, 'n dapper held, en saam met hom twee honderd duisend, gewapen met boog en skild;
 
18 en naas hom was Jósabad en saam met hom honderd en tagtig duisend, vir kommando gewapen.
 
19 Hulle was in die diens van die koning, behalwe die wat die koning in die versterkte stede deur die hele Juda geplaas het.
 
 

  [ Prev ] 1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | 32 | 33 | 34 | 35 | 36 | [ Next ]