Bible-Server.org  
 
 
Praise the Lord, all ye nations      
Psalms 117:1       
 
enter keywords   match
 AND find keywords in
diacritics
Home Page
Genesis
Exodus
Levítikus
Númeri
Deuteronómium
Josua
Rigters
Rut
1 Samuel
2 Samuel
1 Konings
2 Konings
1 Kronieke
2 Kronieke
Esra
Nehemía
Ester
Job
Psalms
Spreuke
Prediker
Hooglied
Jesaja
Jeremia
Klaagliedere
Eségiël
Daniël
Hoséa
Joël
Amos
Obadja
Jona
Miga
Nahum
Hábakuk
Sefánja
Haggai
Sagaría
Maleági
Matthéüs
Markus
Lukas
Johannes
Handelinge
Romeine
1 Korinthiërs
2 Korinthiërs
Galásiërs
Efésiërs
Filippense
Kolossense
1 Thessalonicense
2 Thessalonicense
1 Thimótheüs
2 Thimótheüs
Titus
Filémon
Hebreërs
Jakobus
1 Petrus
2 Petrus
1 Johannes
2 Johannes
3 Johannes
Judas
Openbaring
 
 

 
 
translate into
Romeine Chapter10
 
1 Broeders, die verlange van my hart en die gebed wat ek tot God vir Israel doen, is tot hulle redding.
 
2 Want ek getuig van hulle dat hulle 'n ywer vir God het, maar sonder kennis.
 
3 Want omdat hulle die geregtigheid van God nie ken nie en hulle eie geregtigheid probeer oprig, het hulle hul aan die geregtigheid van God nie onderwerp nie.
 
4 Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo.
 
5 Want Moses beskrywe die geregtigheid wat uit die wet is:Die mens wat hierdie dinge doen, sal daardeur lewe.
 
6 Maar die geregtigheid wat uit die geloof is, sê dit:Moenie in jou hart sê nie:Wie sal in die hemel opvaar, naamlik om Christus af te bring;
 
7 of:Wie sal in die afgrond neerdaal, naamlik om Christus uit die dode op te bring?
 
8 Maar wat sê dit? Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart. Dit is die woord van die geloof wat ons verkondig:
 
9 As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word;
 
10 want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.
 
11 Want die Skrif sê:Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie.
 
12 Want daar is geen onderskeid tussen Jood en Griek nie; dieselfde Here tog is Here van almal en is ryk oor almal wat Hom aanroep.
 
13 Want:Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.
 
14 Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek?
 
15 En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is:Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig!
 
16 Maar hulle was nie almal gehoorsaam aan die evangelie nie; want Jesaja het gesê:Here, wie het ons prediking geglo?
 
17 Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.
 
18 Maar ek sê:Het hulle miskien nie gehoor nie? Ja, seker! Oor die hele aarde het hulle stem uitgegaan en tot by die eindes van die wêreld hulle woorde.
 
19 Maar ek vra:Het Israel dit miskien nie verstaan nie? Ten eerste sê Moses:Ek sal julle jaloers maak op dié wat geen volk is nie, en Ek sal julle toorn opwek teen 'n onverstandige volk.
 
20 En Jesaja durf selfs sê:Ek het My laat vind deur die wat My nie gesoek het nie; Ek het verskyn aan die wat na My nie gevra het nie.
 
21 Maar van Israel sê Hy:Die hele dag het Ek my hande uitgebrei na 'n ongehoorsame en teësprekende volk.
 
 

  [ Prev ] 1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | [ Next ]