Bible-Server.org  
 
 
Praise the Lord, all ye nations      
Psalms 117:1       
 
enter keywords   match
 AND find keywords in
diacritics
Home Page
Genesis
Exodus
Levítikus
Númeri
Deuteronómium
Josua
Rigters
Rut
1 Samuel
2 Samuel
1 Konings
2 Konings
1 Kronieke
2 Kronieke
Esra
Nehemía
Ester
Job
Psalms
Spreuke
Prediker
Hooglied
Jesaja
Jeremia
Klaagliedere
Eségiël
Daniël
Hoséa
Joël
Amos
Obadja
Jona
Miga
Nahum
Hábakuk
Sefánja
Haggai
Sagaría
Maleági
Matthéüs
Markus
Lukas
Johannes
Handelinge
Romeine
1 Korinthiërs
2 Korinthiërs
Galásiërs
Efésiërs
Filippense
Kolossense
1 Thessalonicense
2 Thessalonicense
1 Thimótheüs
2 Thimótheüs
Titus
Filémon
Hebreërs
Jakobus
1 Petrus
2 Petrus
1 Johannes
2 Johannes
3 Johannes
Judas
Openbaring
 
 

 
 
translate into
Spreuke Chapter29
 
1 'n Man wat baie bestraf is, en sy nek verhard, sal onvoorsiens verbreek word sonder dat daar genesing is.
 
2 As die regverdiges talryk word, is die volk bly; maar as die goddelose heers, sug die volk.
 
3 'n Man wat die wysheid liefhet, verbly sy vader; maar hy wat met hoere omgaan, bring die goed deur.
 
4 'n Koning hou deur reg die land in stand, maar 'n man wat belastings afpers, verwoes dit.
 
5 'n Man wat sy naaste vlei, sprei 'n net uit voor sy voetstappe.
 
6 In die oortreding van 'n slegte mens is 'n strik, maar die regverdige sal jubel en bly wees.
 
7 Die regverdige ken die reg van die armes, maar die goddelose verkry geen kennis nie.
 
8 Manne wat spot, bring 'n stad in oproer, maar die wyse bring die toorn tot bedaring.
 
9 Het 'n wyse man met 'n sot 'n regsaak, dan gaan die sot te kere en lag, sonder bedaring.
 
10 Manne van bloed haat die regskapene, en hulle soek die lewe van die opregtes.
 
11 'n Dwaas laat al sy toorn uitvaar, maar 'n wyse bring dit eindelik tot bedaring.
 
12 'n Heerser wat luister na 'n leuenagtige woord, sy dienaars is almal goddeloos.
 
13 Die arme en die man wat verdruk, ontmoet mekaar, die HERE verlig altwee se oë.
 
14 'n Koning wat getrou aan die armes reg verskaf, sy troon sal vir altyd bevestig wees.
 
15 Die roede en die bestraffing gee wysheid; maar 'n seun wat aan homself oorgelaat word, steek sy moeder in die skande.
 
16 As die goddelose vermeerder, vermeerder die oortreding; maar die regverdiges aanskou met welgevalle hulle ondergang.
 
17 Tugtig jou seun, dan sal hy jou rus gee en aan jou siel vreugde verskaf.
 
18 As daar geen openbaring is nie, word die volk bandeloos; maar hy wat die wet onderhou, gelukkig is hy.
 
19 Met woorde laat 'n slaaf hom nie waarsku nie; want hy verstaan dit wel, maar hy steur hom daar nie aan nie.
 
20 Het jy 'n man gesien wat haastig is in sy woorde? Vir 'n dwaas is daar meer hoop as vir hom.
 
21 As 'n mens sy slaaf van jongs af verwen, word hy op die end ondankbaar.
 
22 'n Opvlieënde man verwek twis, en 'n driftige man is ryk aan oortreding.
 
23 Die trotsheid van 'n mens verneder hom, maar die nederige van gees sal eer verkry.
 
24 Hy wat saam met 'n dief deel, haat sy eie siel; hy hoor die beswering, maar openbaar niks nie.
 
25 Die vrees vir die mens span 'n strik; maar hy wat op die HERE vertrou, sal beskut word.
 
26 Daar is baie wat die aangesig van die heerser soek, maar die reg van 'n mens kom van die HERE.
 
27 'n Man van onreg is vir die regverdiges 'n gruwel, en vir die goddelose is die opregte van wandel 'n gruwel.
 
 

  [ Prev ] 1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | [ Next ]