Bible-Server.org  
 
 
Praise the Lord, all ye nations      
Psalms 117:1       
 
enter keywords   match
 AND find keywords in
diacritics
Home Page
Genesis
Exodus
Levítikus
Númeri
Deuteronómium
Josua
Rigters
Rut
1 Samuel
2 Samuel
1 Konings
2 Konings
1 Kronieke
2 Kronieke
Esra
Nehemía
Ester
Job
Psalms
Spreuke
Prediker
Hooglied
Jesaja
Jeremia
Klaagliedere
Eségiël
Daniël
Hoséa
Joël
Amos
Obadja
Jona
Miga
Nahum
Hábakuk
Sefánja
Haggai
Sagaría
Maleági
Matthéüs
Markus
Lukas
Johannes
Handelinge
Romeine
1 Korinthiërs
2 Korinthiërs
Galásiërs
Efésiërs
Filippense
Kolossense
1 Thessalonicense
2 Thessalonicense
1 Thimótheüs
2 Thimótheüs
Titus
Filémon
Hebreërs
Jakobus
1 Petrus
2 Petrus
1 Johannes
2 Johannes
3 Johannes
Judas
Openbaring
 
 

 
 
translate into
Levítikus Chapter3
 
1 En as 'n dankoffer sy offer is, as hy dit bring van beeste, bul of vers, moet hy dit sonder gebrek voor die aangesig van die HERE bring.
 
2 En hy moet sy hand op die kop van sy offer lê en dit slag by die ingang van die tent van samekoms. En die seuns van Aäron, die priesters, moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi.
 
3 Dan moet hy van die dankoffer 'n vuuroffer aan die HERE bring:die vet wat oor die binnegoed lê, en al die vet wat aan die binnegoed is,
 
4 en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer by die niere moet hy dit wegneem.
 
5 En die seuns van Aäron moet dit op die altaar aan die brand steek, op die brandoffer wat op die hout is, bo op die vuur, as 'n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.
 
6 En as sy offer 'n stuk kleinvee is, as 'n dankoffer aan die HERE, moet hy dit bring sonder gebrek, ram of ooi.
 
7 As hy 'n skaaplam bring as sy offer, moet hy dit voor die aangesig van die HERE bring
 
8 en sy hand op die kop van sy offer lê en dit slag voor die tent van samekoms; en die seuns van Aäron moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi.
 
9 Daarna moet hy van die dankoffer die vet as vuuroffer aan die HERE bring:die hele vetstert naby die stuitjie moet hy dit wegneem en die vet wat oor die binnegoed lê, en al die vet wat aan die binnegoed is,
 
10 en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer by die niere moet hy dit wegneem.
 
11 En die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as vuurofferspys vir die HERE.
 
12 En as sy offer 'n bok is, moet hy dit voor die aangesig van die HERE bring
 
13 en sy hand op die kop daarvan lê en dit slag voor die tent van samekoms; en die seuns van Aäron moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi.
 
14 Dan moet hy daarvan sy offer as vuuroffer aan die HERE bring; die vet wat oor die binnegoed lê, en al die vet wat aan die binnegoed is,
 
15 en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer by die niere moet hy dit wegneem.
 
16 En die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as vuurofferspys vir 'n lieflike geur. Al die vet behoort aan die HERE.
 
17 'n Ewige insetting is dit vir julle geslagte in al julle woonplekke:géén vet en géén bloed mag julle eet nie.
 
 

  [ Prev ] 1 | 2 | | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | [ Next ]