Bible-Server.org  
 
 
Praise the Lord, all ye nations      
Psalms 117:1       
 
enter keywords   match
 AND find keywords in
diacritics
Home Page
Genesis
Exodus
Levítikus
Númeri
Deuteronómium
Josua
Rigters
Rut
1 Samuel
2 Samuel
1 Konings
2 Konings
1 Kronieke
2 Kronieke
Esra
Nehemía
Ester
Job
Psalms
Spreuke
Prediker
Hooglied
Jesaja
Jeremia
Klaagliedere
Eségiël
Daniël
Hoséa
Joël
Amos
Obadja
Jona
Miga
Nahum
Hábakuk
Sefánja
Haggai
Sagaría
Maleági
Matthéüs
Markus
Lukas
Johannes
Handelinge
Romeine
1 Korinthiërs
2 Korinthiërs
Galásiërs
Efésiërs
Filippense
Kolossense
1 Thessalonicense
2 Thessalonicense
1 Thimótheüs
2 Thimótheüs
Titus
Filémon
Hebreërs
Jakobus
1 Petrus
2 Petrus
1 Johannes
2 Johannes
3 Johannes
Judas
Openbaring
 
 

 
 
translate into
Rigters Chapter20
 
1 Toe het al die kinders van Israel uitgetrek, en die vergadering het soos een man, van Dan tot Berséba, saam met die land Gílead, byeengekom by die HERE in Mispa;
 
2 en die hoofde van die hele volk, van al die stamme van Israel, het in die vergadering van die volk van God gaan staan--vier honderd duisend man te voet wat die swaard uittrek.
 
3 En die kinders van Benjamin het gehoor dat die kinders van Israel opgetrek het na Mispa. Toe sê die kinders van Israel:Vertel julle hoe hierdie misdaad gepleeg is.
 
4 Daarop antwoord die Levitiese man, die man van die vermoorde vrou, en sê:Ek het in Gíbea wat aan Benjamin behoort, gekom, ek en my byvrou, om te vernag.
 
5 En die burgers van Gíbea het teen my opgestaan en in vyandskap teen my die huis omsingel in die nag; hulle het gemeen om my dood te maak, en my byvrou het hulle onteer, sodat sy gesterf het.
 
6 Toe het ek my byvrou gegryp en haar in stukke verdeel en haar rondgestuur in die hele gebied van die erfdeel van Israel, omdat hulle 'n gruwel en 'n skanddaad in Israel begaan het.
 
7 Hier is julle, kinders van Israel, nou almal:gee julle hier woord en raad!
 
8 Toe staan die hele volk op soos een man en sê:Geeneen van ons sal na sy tent toe gaan en geeneen van ons wegdraai na sy huis toe nie;
 
9 maar dit is nou die ding wat ons Gíbea sal aandoen:Op teen hom volgens die lot!
 
10 Ons sal naamlik tien man neem uit elke honderd van al die stamme van Israel, en honderd uit duisend, en duisend uit tien duisend, om padkos vir die manskappe te gaan haal, om as hulle gekom het, met Gíbea-Benjamin te handel volgens die skanddaad wat hy in Israel begaan het.
 
11 Toe versamel al die manne van Israel by die stad, soos een man saamverbonde.
 
12 En die stamme van Israel stuur manne deur die hele stam van Benjamin om te sê:Wat vir 'n misdaad is dit wat onder julle gepleeg is?
 
13 Lewer dan nou die slegte manne uit wat in Gíbea is, dat ons hulle om die lewe kan bring en die kwaad uit Israel kan uitroei. Die Benjaminiete wou egter nie na hulle broers, die kinders van Israel, luister nie;
 
14 maar die kinders van Benjamin het bymekaargekom uit die stede na Gíbea toe, om na die oorlog uit te trek teen die kinders van Israel.
 
15 En die kinders van Benjamin uit die stede is op dié dag getel ses en twintig duisend man wat die swaard uittrek, behalwe die inwoners van Gíbea wat getel is:sewe honderd uitgesoekte manne.
 
16 Uit al hierdie manskappe was daar sewe honderd uitgesoekte manne wat links was; hulle almal het met 'n klip op 'n haar geslinger sonder om te mis.
 
17 En die manne van Israel, behalwe Benjamin, is getel:vier honderd duisend man wat die swaard uittrek, hulle almal was krygsmanne.
 
18 En hulle het klaargemaak en opgetrek na Bet-el en God geraadpleeg; en die kinders van Israel het gesê:Wie van ons moet eerste optrek om te veg teen die kinders van Benjamin? Toe sê die HERE:Juda eerste.
 
19 Daarop het die kinders van Israel die môre klaargemaak en laer opgeslaan teen Gíbea.
 
20 En die manne van Israel het uitgetrek om te veg teen Benjamin, en die manne van Israel het hulleself in slagorde teen hulle opgestel, na Gíbea toe.
 
21 Toe trek die kinders van Benjamin uit Gíbea uit, en hulle het op dié dag in Israel twee en twintig duisend man teen die grond vernietig.
 
22 Maar die manskappe, die manne van Israel, het hulle sterk gehou en hulle weer in slagorde opgestel op die plek waar hulle hul die vorige dag opgestel het.
 
23 En die kinders van Israel het opgetrek en geween voor die aangesig van die HERE tot die aand toe en die HERE geraadpleeg en gesê:Moet ek weer nader trek om te veg teen die kinders van Benjamin, my broer? En die HERE sê:Trek teen hom op!
 
24 En toe die kinders van Israel die tweede dag nader kom na die kinders van Benjamin,
 
25 het Benjamin uit Gíbea op die tweede dag uitgetrek om hulle te ontmoet en van die kinders van Israel nog agttien duisend man wat almal die swaard uittrek, teen die grond vernietig.
 
26 Daarop trek al die kinders van Israel, ja, die hele volk weg, en hulle het na Bet-el gekom; en hulle het geween en daar gebly voor die aangesig van die HERE en dié dag gevas tot die aand toe en brandoffers en dankoffers voor die aangesig van die HERE gebring.
 
27 En die kinders van Israel het die HERE geraadpleeg--want die verbondsark van God was in dié dae daar,
 
28 en Pínehas, die seun van Eleásar, die seun van Aäron, het in dié dae voor Hom gedien--en gesê:Moet ek nog weer uittrek om teen die kinders van Benjamin, my broer, te veg, of moet ek ophou? Toe sê die HERE:Trek op, want môre sal Ek hom in jou hand gee.
 
29 En Israel het rondom teen Gíbea hinderlae opgestel.
 
30 En die kinders van Israel het op die derde dag teen die kinders van Benjamin opgetrek en hulle teen Gíbea opgestel soos die vorige kere.
 
31 En die kinders van Benjamin het uitgetrek, die manskappe tegemoet--hulle is van die stad afgesny--en, soos die vorige kere, het hulle begin om sommige van die manskappe op die grootpaaie te verslaan, waarvan die een opgaan na Bet-el, en die ander deur die veld na Gíbea--omtrent dertig man in Israel.
 
32 Toe dink die kinders van Benjamin:Hulle is voor ons verslaan soos die eerste keer! Maar die kinders van Israel het gesê:Laat ons vlug en hom van die stad afsny na die grootpaaie toe.
 
33 En al die manne van Israel het hulle stelling verlaat en hulle by Baäl-Tamar opgestel, terwyl die hinderlaag van Israel aanruk uit sy stelling, uit die oop plek by Geba.
 
34 En tien duisend uitgesoekte manne uit die hele Israel het teenoor Gíbea vandaan gekom, en die geveg was hewig; maar Benjamin het nie gemerk dat die onheil hulle sou tref nie.
 
35 Toe het die HERE Benjamin voor Israel verslaan, en die kinders van Israel het op dié dag in Benjamin vyf en twintig duisend een honderd man wat almal die swaard uittrek, vernietig.
 
36 So het dan die kinders van Benjamin gesien dat hulle verslaan is. En die manne van Israel het aan Benjamin terrein gegee, omdat hulle vertrou het op die hinderlaag wat hulle teen Gíbea opgestel het.
 
37 Toe het die hinderlaag vinnig na Gíbea gestorm--en die hinderlaag het getrek en die hele stad met die skerpte van die swaard verslaan.
 
38 En die manne van Israel het 'n afspraak met die hinderlaag gehad dat hulle 'n groot rookwolk uit die stad moet laat optrek.
 
39 Daarom het die manne van Israel omgedraai in die geveg; en die Benjaminiete het begin om onder die manne van Israel sommige neer te slaan, omtrent dertig man, want hulle het gedink:Hy is regtig heeltemal voor ons verslaan soos in die vorige geveg.
 
40 Intussen het die wolk begin optrek uit die stad, 'n rookpilaar; en toe Benjamin agter hom omkyk, trek die hele stad al in rook na die hemel op!
 
41 Toe die manne van Israel dan nou omdraai, het die manne van Benjamin geskrik, want hulle het gesien dat die onheil hulle gaan tref;
 
42 en hulle het voor die manne van Israel omgedraai op pad na die woestyn; maar die geveg het hulle ingehaal, terwyl die wat uit die stede kom, hulle daar tussenin vernietig:
 
43 hulle het Benjamin omsingel, hom agtervolg, hom op die rusplek vertrap tot teenoor Gíbea, aan die oostekant.
 
44 En daar het van Benjamin agttien duisend man geval, en dit almal dapper manne.
 
45 Toe spring hulle om en vlug na die woestyn, na die rots Rimmon; maar hulle het in die nageveg op die grootpaaie vyf duisend man van hulle gedood en hulle agternagesit tot by Gídeom en twee duisend man van hulle verslaan.
 
46 En al die gesneuweldes van Benjamin op dié dag was vyf en twintig duisend man wat die swaard uittrek, en dit almal dapper manne.
 
47 Maar ses honderd man het omgedraai en gevlug na die woestyn, na die rots Rimmon en vier maande by die rots Rimmon gebly.
 
48 Toe gaan die manne van Israel terug na die kinders van Benjamin en verslaan hulle met die skerpte van die swaard, sowel mense as diere en alles wat voorgekom het; ook al die stede wat hulle aangetref het, het hulle aan die brand gesteek.
 
 

  [ Prev ] 1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | [ Next ]