Bible-Server.org  
 
 
Praise the Lord, all ye nations      
Psalms 117:1       
 
enter keywords   match
 AND find keywords in
diacritics
Home Page
Genesis
Exodus
Levítikus
Númeri
Deuteronómium
Josua
Rigters
Rut
1 Samuel
2 Samuel
1 Konings
2 Konings
1 Kronieke
2 Kronieke
Esra
Nehemía
Ester
Job
Psalms
Spreuke
Prediker
Hooglied
Jesaja
Jeremia
Klaagliedere
Eségiël
Daniël
Hoséa
Joël
Amos
Obadja
Jona
Miga
Nahum
Hábakuk
Sefánja
Haggai
Sagaría
Maleági
Matthéüs
Markus
Lukas
Johannes
Handelinge
Romeine
1 Korinthiërs
2 Korinthiërs
Galásiërs
Efésiërs
Filippense
Kolossense
1 Thessalonicense
2 Thessalonicense
1 Thimótheüs
2 Thimótheüs
Titus
Filémon
Hebreërs
Jakobus
1 Petrus
2 Petrus
1 Johannes
2 Johannes
3 Johannes
Judas
Openbaring
 
 

 
 
translate into
Jakobus Chapter3
 
1 Moenie baie leermeesters wees nie, my broeders, omdat julle weet dat ons 'n groter oordeel sal ondergaan.
 
2 Want ons almal struikel dikwels. As iemand in woorde nie struikel nie, is hy 'n volmaakte man, in staat om ook die hele liggaam in toom te hou.
 
3 Kyk, ons sit stange in die perde se bekke, sodat hulle ons gehoorsaam kan wees, en ons stuur hulle hele liggaam daarmee.
 
4 Kyk, ook die skepe, alhoewel hulle so groot is en deur hewige winde voortgedryf word, word gestuur deur 'n baie klein roer net waarheen die stuurman wil.
 
5 Net so is die tong ook 'n klein lid en beroem hom op groot dinge--kyk hoe 'n groot hoop hout steek 'n klein vuurtjie aan die brand.
 
6 Die tong is ook 'n vuur, die wêreld van ongeregtigheid. Net so 'n plek neem die tong onder ons lede in; dit besmet die hele liggaam en steek die hele lewensloop aan die brand en word uit die hel aangesteek.
 
7 Want elke soort natuur van wilde diere en voëls en kruipende sowel as seediere word getem en is getem deur die menslike natuur.
 
8 Maar die tong kan geen mens tem nie; dit is 'n onbedwingbare kwaad, vol dodelike gif.
 
9 Daarmee loof ons God en die Vader, en daarmee vervloek ons die mense wat na die gelykenis van God gemaak is.
 
10 Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit, my broeders, behoort nie so te wees nie.
 
11 'n Fontein laat tog nie uit dieselfde oog vars en bitter water opborrel nie?
 
12 'n Vyeboom, my broeders, kan tog nie olywe voortbring, of 'n wingerdstok vye nie? So kan geen fontein brak en vars water voortbring nie.
 
13 Wie is wys en verstandig onder julle? Laat hom uit sy goeie lewenswandel sy werke in sagmoedige wysheid toon.
 
14 Maar as julle bittere afguns en selfsug in julle hart het, moenie roem en lieg teen die waarheid nie.
 
15 Dít is nie die wysheid wat van bo kom nie, maar is aards, natuurlik, duiwels;
 
16 want waar afguns en selfsug is, daar is wanorde en allerhande gemene dade.
 
17 Maar die wysheid van bo is ten eerste rein, dan vredeliewend, vriendelik, geseglik, vol barmhartigheid en goeie vrugte, onpartydig en ongeveins.
 
18 En die vrug van die geregtigheid word gesaai in vrede vir die wat vrede maak.
 
 

  [ Prev ] 1 | 2 | | 4 | 5 | [ Next ]