Bible-Server.org  
 
 
Praise the Lord, all ye nations      
Psalms 117:1       
 
enter keywords   match
 AND find keywords in
diacritics
Home Page
Genesis
Exodus
Levítikus
Númeri
Deuteronómium
Josua
Rigters
Rut
1 Samuel
2 Samuel
1 Konings
2 Konings
1 Kronieke
2 Kronieke
Esra
Nehemía
Ester
Job
Psalms
Spreuke
Prediker
Hooglied
Jesaja
Jeremia
Klaagliedere
Eségiël
Daniël
Hoséa
Joël
Amos
Obadja
Jona
Miga
Nahum
Hábakuk
Sefánja
Haggai
Sagaría
Maleági
Matthéüs
Markus
Lukas
Johannes
Handelinge
Romeine
1 Korinthiërs
2 Korinthiërs
Galásiërs
Efésiërs
Filippense
Kolossense
1 Thessalonicense
2 Thessalonicense
1 Thimótheüs
2 Thimótheüs
Titus
Filémon
Hebreërs
Jakobus
1 Petrus
2 Petrus
1 Johannes
2 Johannes
3 Johannes
Judas
Openbaring
 
 

 
 
translate into
Hoséa Chapter6
 
1 Kom en laat ons terugkeer tot die HERE; want Hy het verskeur en sal ons genees, Hy het geslaan en sal ons verbind.
 
2 Hy sal ons ná twee dae lewend maak, op die derde dag ons laat opstaan, sodat ons voor sy aangesig kan lewe.
 
3 En laat ons ken--laat ons dit najaag om die HERE te ken; sy opgang is so seker soos die dagbreek, en Hy sal tot ons kom soos die reën, soos die laat reëns wat die aarde besproei.
 
4 Wat sal Ek met jou doen, o Efraim; wat sal Ek met jou doen, o Juda? aangesien julle liefde is soos 'n môrewolk en soos 'n dou wat vroeg weer verdwyn.
 
5 Daarom het Ek hulle neergekap deur die profete, hulle gedood deur die woorde van my mond, en die oordele oor jou kom te voorskyn soos 'n ligstraal.
 
6 Want Ek het 'n behae in liefde en nie in offerande nie, en in kennis van God meer as in brandoffers.
 
7 Maar hulle het soos Adam die verbond oortree, daar het hulle troueloos teen My gehandel.
 
8 Gílead is 'n stad van kwaaddoeners, vol bloedspore.
 
9 En soos 'n rower op die loer lê, loer 'n priesterbende; hulle pleeg moord op die pad na Sigem, ja, hulle het skandelike dade gedoen.
 
10 In die huis van Israel het Ek 'n afskuwelike ding gesien:Efraim het daar tot hoerery verval, Israel is verontreinig.
 
11 Ook vir jou, o Juda, is daar 'n oes beskik as Ek die lot van my volk verander.
 
 

  [ Prev ] 1 | 2 | 3 | 4 | 5 | | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | [ Next ]