Bible-Server.org  
 
 
Praise the Lord, all ye nations      
Psalms 117:1       
 
enter keywords   match
 AND find keywords in
diacritics
Home Page
Genesis
Exodus
Levítikus
Númeri
Deuteronómium
Josua
Rigters
Rut
1 Samuel
2 Samuel
1 Konings
2 Konings
1 Kronieke
2 Kronieke
Esra
Nehemía
Ester
Job
Psalms
Spreuke
Prediker
Hooglied
Jesaja
Jeremia
Klaagliedere
Eségiël
Daniël
Hoséa
Joël
Amos
Obadja
Jona
Miga
Nahum
Hábakuk
Sefánja
Haggai
Sagaría
Maleági
Matthéüs
Markus
Lukas
Johannes
Handelinge
Romeine
1 Korinthiërs
2 Korinthiërs
Galásiërs
Efésiërs
Filippense
Kolossense
1 Thessalonicense
2 Thessalonicense
1 Thimótheüs
2 Thimótheüs
Titus
Filémon
Hebreërs
Jakobus
1 Petrus
2 Petrus
1 Johannes
2 Johannes
3 Johannes
Judas
Openbaring
 
 

 
 
translate into
2 Konings Chapter13
 
1 In die drie en twintigste jaar van Joas, die seun van Ahásia, die koning van Juda, het Jóahas, die seun van Jehu, koning geword oor Israel in Samaría--sewentien jaar lank.
 
2 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, en agter die sondes van Jeróbeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het, aan geloop; hy het daar nie van afgewyk nie.
 
3 Daarom het die toorn van die HERE teen Israel ontvlam, sodat Hy hulle oorgegee het in die hand van Hásael, die koning van Aram, en in die hand van Bénhadad, die seun van Hásael, al die dae.
 
4 Maar Jóahas het die aangesig van die HERE om genade gesmeek. Toe verhoor die HERE hom, want Hy het die verdrukking van Israel gesien, dat die koning van Aram hulle verdruk.
 
5 Die HERE het aan Israel 'n verlosser gegee, sodat hulle onder die mag van Aram uitgekom het en die kinders van Israel in hul tente kon woon soos gister en eergister.
 
6 Nogtans het hulle nie afgewyk van die sondes van die huis van Jeróbeam wat Israel laat sondig het nie; hy het daarin gewandel, en selfs die heilige boomstam het in Samaría bly staan.)
 
7 Voorwaar, hy het vir Jóahas geen manskappe laat oorbly nie, as net vyftig perderuiters en tien strydwaens en tien duisend voetgangers; want die koning van Aram het hulle omgebring en hulle gemaak soos stof as gedors word.
 
8 En die verdere geskiedenis van Jóahas en alles wat hy gedoen het, en sy magtige dade, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie?
 
9 En Jóahas het ontslaap met sy vaders en is in Samaría begrawe, en sy seun Joas het in sy plek koning geword.
 
10 In die sewe en dertigste jaar van Joas, die koning van Juda, het Joas, die seun van Jóahas, koning geword oor Israel in Samaría--sestien jaar lank.
 
11 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE; hy het nie afgewyk van al die sondes van Jeróbeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het nie; hy het daarin gewandel.
 
12 En die verdere geskiedenis van Joas en alles wat hy gedoen het, en sy magtige dade, hoe hy teen Amásia, die koning van Juda, geveg het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie?
 
13 En Joas het ontslaap met sy vaders, en Jeróbeam het op sy troon gaan sit; en Joas is begrawe in Samaría by die konings van Israel.
 
14 En toe Elísa siek was aan die siekte waaraan hy sou sterwe, het Joas, die koning van Israel, afgekom na hom en oor hom geween en gesê:My vader, my vader, wa van Israel en sy ruiters!
 
15 Daarop sê Elísa vir hom:Neem 'n boog en pyle. En hy het vir hom 'n boog en pyle geneem.
 
16 En hy sê vir die koning van Israel:Sit jou hand aan die boog. En hy het sy hand aan die boog gesit; en Elísa het sy hande op die hande van die koning gelê.
 
17 Verder sê hy:Maak oop die venster na die ooste toe! En hy het dit oopgemaak. En Elísa sê:Skiet! En hy het geskiet. Toe sê hy:'n Pyl van oorwinning van die HERE en 'n pyl van oorwinning op Aram:jy moet die Arameërs volkome verslaan in Afek.
 
18 Verder sê hy:Neem die pyle. En hy het dit geneem. Toe sê hy vir die koning van Israel:Slaan teen die grond! En hy het drie maal geslaan en opgehou.
 
19 Daarop word die man van God baie kwaad vir hom en sê:Jy moes vyf of ses maal geslaan het; dan sou jy die Arameërs volkome verslaan het; maar nou sal jy die Arameërs drie maal verslaan.
 
20 Daarna het Elísa gesterwe, en hulle het hom begrawe. En die bendes van die Moabiete het die land ingekom met die ingang van die jaar.
 
21 En terwyl hulle besig was om 'n man te begrawe, sien hulle meteens die bende; daarom het hulle die man in die graf van Elísa gegooi; en toe die man met die gebeente van Elísa in aanraking kom, het hy lewendig geword en opgestaan op sy voete.
 
22 En Hásael, die koning van Aram, het Israel verdruk al die dae van Jóahas.
 
23 Maar die HERE was hulle genadig en het Hom oor hulle ontferm en Hom tot hulle gewend ter wille van sy verbond met Abraham, Isak en Jakob; en Hy wou hulle nie vernietig en tot nog toe nie van sy aangesig wegwerp nie.
 
24 En Hásael, die koning van Aram, het gesterwe; en sy seun Bénhadad het in sy plek koning geword.
 
25 En Joas, die seun van Jóahas, het weer die stede uit die hand van Bénhadad, die seun van Hásael, teruggeneem wat hy aan sy vader Jóahas in die oorlog ontruk het; Joas het hom drie maal verslaan en die stede van Israel herower.
 
 

  [ Prev ] 1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 | [ Next ]