Bible-Server.org  
 
 
Praise the Lord, all ye nations      
Psalms 117:1       
 
enter keywords   match
 AND find keywords in
diacritics
Home Page
Genesis
Exodus
Levítikus
Númeri
Deuteronómium
Josua
Rigters
Rut
1 Samuel
2 Samuel
1 Konings
2 Konings
1 Kronieke
2 Kronieke
Esra
Nehemía
Ester
Job
Psalms
Spreuke
Prediker
Hooglied
Jesaja
Jeremia
Klaagliedere
Eségiël
Daniël
Hoséa
Joël
Amos
Obadja
Jona
Miga
Nahum
Hábakuk
Sefánja
Haggai
Sagaría
Maleági
Matthéüs
Markus
Lukas
Johannes
Handelinge
Romeine
1 Korinthiërs
2 Korinthiërs
Galásiërs
Efésiërs
Filippense
Kolossense
1 Thessalonicense
2 Thessalonicense
1 Thimótheüs
2 Thimótheüs
Titus
Filémon
Hebreërs
Jakobus
1 Petrus
2 Petrus
1 Johannes
2 Johannes
3 Johannes
Judas
Openbaring
 
 

 
 
translate into
1 Konings Chapter4
 
1 So was koning Salomo dan koning oor die hele Israel.
 
2 En dít was sy hoofamptenare:Asárja, die seun van Sadok, was die priester;
 
3 Elihóref en Ahía, die seuns van Sisa, was skrywers; Jósafat, die seun van Ahílud, was kanselier.
 
4 En Benája, die seun van Jójada, was oor die leër, en Sadok en Abjatar was priesters.
 
5 En Asárja, die seun van Natan, was oor die bestuurders; en Sabud, die seun van Natan, 'n priester, was die vriend van die koning.
 
6 En Ahísar was oor die paleis; en Adoníram, die seun van Abda, was oor die dwangarbeid.
 
7 Verder het Salomo oor die hele Israel twaalf bestuurders gehad wat die koning en sy paleis onderhou het; elkeen het 'n maand in die jaar die onderhoud op hom gehad.
 
8 En dit is hulle name:Ben-Hur op die gebergte van Efraim;
 
9 Ben-Deker in Makas en in Saälbim en Bet-Semes en Elon-Bet-Hanan;
 
10 Ben-Hesed in Arúbbot; hy het Sogo en die hele land Hefer gehad;
 
11 Ben-Abinádab, die hele hoëveld van Dor; hy het Tafat, die dogter van Salomo, as vrou gehad.
 
12 Báäna, die seun van Ahílud, het gehad:Táänag en Megíddo en die hele Bet-Sean wat langs Sartan onderkant Jísreël lê, van Bet-Sean af tot by Abel-Mehóla, tot verby Jókmeam.
 
13 Ben-Geber was in Ramot in Gílead; hy het die dorpe van Jaïr, die seun van Manasse, gehad wat in Gílead lê; hy het die landstreek Argob gehad wat in Basan lê:sestig groot stede met mure en kopergrendels.
 
14 Ahínadab, die seun van Iddo, was in Mahanáim.
 
15 Ahímaäs in Náftali; hy het ook 'n dogter van Salomo, Basmat, as vrou geneem.
 
16 Báäna, die seun van Húsai, was in Aser en in Alot;
 
17 Jósafat, die seun van Parúag, in Issaskar;
 
18 Símeï, die seun van Ela, in Benjamin;
 
19 Geber, die seun van Uri, in die land Gílead, die land van Sihon, die koning van die Amoriete, en van Og, die koning van Basan; en hy was die enigste bestuurder in die land.
 
20 Juda en Israel was talryk soos die sand wat aan die seestrand is in menigte; hulle het geëet en gedrink en was bly.
 
21 Verder was Salomo heerser oor al die koninkryke van die Eufraat af tot by die land van die Filistyne, en tot by die grens van Egipte; hulle het belasting aangebring en Salomo gedien al die dae van sy lewe.
 
22 En Salomo se voedsel vir een dag was dertig kor fynmeel en sestig kor meel;
 
23 tien vetgemaakte beeste en twintig veldbeeste en honderd stuks kleinvee, behalwe die takbokke en gemsbokke en gestippelde takbokke en vetgemaakte ganse.
 
24 Want hy het geheers oor alles wes van die Eufraat, van Tifsag af tot by Gasa, oor al die konings wes van die Eufraat, en vrede gehad aan alle kante rondom;
 
25 sodat Juda en Israel veilig gewoon het, elkeen onder sy wingerdstok en onder sy vyeboom, van Dan tot Berséba, al die dae van Salomo.
 
26 Verder het Salomo veertig duisend krippe gehad vir sy trekperde, en twaalf duisend ryperde.
 
27 En daardie bestuurders het elkeen in sy maand koning Salomo onderhou en almal wat aan die tafel van koning Salomo kom; hulle het niks laat kortkom nie.
 
28 En die gars en die strooi vir die perde en die renperde het hulle gebring op die plek waar dit moes wees, elkeen volgens sy orde.
 
29 En God het aan Salomo wysheid gegee en 'n baie groot verstand en 'n ruimte van insig soos die sand wat aan die seestrand lê,
 
30 sodat die wysheid van Salomo groter was as die wysheid van al die kinders van die Ooste en as al die wysheid van Egipte.
 
31 Ja, hy was wyser as al die mense, as Etan, die Esrahiet, en Heman en Kalkol en Darda, die seuns van Mahol, sodat hy beroemd was onder al die nasies rondom.
 
32 En hy het drie duisend spreuke uitgespreek, en sy liedere was duisend en vyf.
 
33 En hy het oor die bome gespreek, van die seder op die Líbanon tot die hisop wat teen die muur uitspruit; ook het hy gespreek oor die vee en oor die voëls en oor die kruipende diere en oor die visse.
 
34 En van al die volke het hulle gekom om na die wysheid van Salomo te luister, van al die konings van die aarde wat van sy wysheid gehoor het.
 
 

  [ Prev ] 1 | 2 | 3 | | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | [ Next ]