Bible-Server.org  
 
 
Praise the Lord, all ye nations      
Psalms 117:1       
 
enter keywords   match
 AND find keywords in
diacritics
Home Page
Genesis
Exodus
Levítikus
Númeri
Deuteronómium
Josua
Rigters
Rut
1 Samuel
2 Samuel
1 Konings
2 Konings
1 Kronieke
2 Kronieke
Esra
Nehemía
Ester
Job
Psalms
Spreuke
Prediker
Hooglied
Jesaja
Jeremia
Klaagliedere
Eségiël
Daniël
Hoséa
Joël
Amos
Obadja
Jona
Miga
Nahum
Hábakuk
Sefánja
Haggai
Sagaría
Maleági
Matthéüs
Markus
Lukas
Johannes
Handelinge
Romeine
1 Korinthiërs
2 Korinthiërs
Galásiërs
Efésiërs
Filippense
Kolossense
1 Thessalonicense
2 Thessalonicense
1 Thimótheüs
2 Thimótheüs
Titus
Filémon
Hebreërs
Jakobus
1 Petrus
2 Petrus
1 Johannes
2 Johannes
3 Johannes
Judas
Openbaring
 
 

 
 
translate into
1 Kronieke Chapter9
 
1 En die hele Israel is in geslagsregisters opgeneem, en kyk, hulle is opgeskrywe in die boek van die konings van Israel. En die mense van Juda is in ballingskap na Babel weggevoer vanweë hulle ontrou.
 
2 En die wat vroeër in hulle besitting, in hulle stede gaan woon het, was:Israeliete, die priesters, die Leviete en die tempelbediendes.
 
3 En in Jerusalem het gewoon van die seuns van Juda en van die seuns van Benjamin en van die seuns van Efraim en Manasse:
 
4 Utai, die seun van Ammíhud, die seun van Omri, die seun van Imri, die seun van Bani, van die seuns van Peres, die seun van Juda;
 
5 en van die Siloniete:Asája, die eersgeborene, en sy seuns;
 
6 en van die seuns van Serag:Jehúel en hulle broers, ses honderd en negentig;
 
7 en van die seuns van Benjamin:Sallu, die seun van Mesúllam, die seun van Hodáwja, die seun van Hassenúa,
 
8 en Jíbneja, die seun van Jeróham, en Ela, die seun van Ussi, die seun van Migri, en Mesúllam, die seun van Sefátja, die seun van Rehúel, die seun van Jíbneja;
 
9 en hulle broers volgens hulle afstamming, nege honderd ses en vyftig; al hierdie manne was familiehoofde van hulle families;
 
10 en van die priesters:Jedája en Jójarib en Jagin,
 
11 en Asárja, die seun van Hilkía, die seun van Mesúllam, die seun van Sadok, die seun van Mérajot, die seun van Ahítub, die vors oor die huis van God;
 
12 en Adája, die seun van Jeróham, die seun van Pasgur, die seun van Malkía, en Máesai, die seun van Adiël, die seun van Jagséra, die seun van Mesúllam, die seun van Mesíllemit, die seun van Immer;
 
13 en hulle broers, hoofde van hulle families, sewentien honderd en sestig, dapper manne in die dienswerk van die huis van God;
 
14 en van die Leviete:Semája, die seun van Hassub, die seun van Asríkam, die seun van Hasábja, van die seuns van Merári;
 
15 en Bákbakkar, Heres en Galal en Máttanja, die seun van Miga, die seun van Sigri, die seun van Asaf;
 
16 en Obádja, die seun van Semája, die seun van Galal, die seun van Jedútun; en Berégja, die seun van Asa, die seun van Élkana wat in die dorpe van die Netofatiete gewoon het.
 
17 En die poortwagters was:Sallum en Akkub en Talmon en Ahíman en hulle broers; Sallum was die hoof,
 
18 en tot nou toe is hy in die koningspoort teen die ooste; hulle was die poortwagters van die laers van die seuns van Levi.
 
19 En Sallum, die seun van Kore, die seun van Ébjasaf, die seun van Korag, en sy broers uit sy familie, die Koragiete, was oor die dienswerk, as drumpelwagters van die tent, omdat hulle vaders by die laer van die HERE die ingang bewaak het.
 
20 En Pínehas, die seun van Eleásar, was vroeër bevelhebber oor hulle. Mag die HERE met hom wees!
 
21 Sagaría, die seun van Meselémja, was poortwagter by die ingang van die tent van samekoms.
 
22 Hulle almal wat as drumpelwagters uitgesoek was, was twee honderd en twaalf; hulle is in hul dorpe in die geslagsregister opgeneem. Dawid en die siener Samuel het hulle in hul ampsplig bevestig.
 
23 En hulle met hul seuns was aangestel oor die poorte van die huis van die HERE, van die tenthuis, om wag te hou.
 
24 Die poortwagters moes aan die vier windstreke wees, na die ooste, weste, noorde en suide toe.
 
25 En hulle broers, in hulle dorpe, moes van tyd tot tyd vir sewe dae saam met hulle inkom.
 
26 Want in die ampsplig het hulle, die vier owerstes van die deurwagters, gestaan. Van die Leviete was oor die kamers en oor die skatte van die huis van God.
 
27 En hulle moes in die nag rondom die huis van God bly, want hulle het die wag gehad en moes elke môre oopsluit.
 
28 En sommige van hulle was aangestel oor die gereedskap van die diens; want hulle moes dit voltallig inbring en voltallig uitbring.
 
29 En sommige van hulle was aangestel oor die gereedskappe en oor al die heilige voorwerpe en oor die fynmeel en die wyn en die olie en die wierook en die speserye.
 
30 En van die seuns van die priesters was daar mengers van salf uit speserye.
 
31 En Mattítja, uit die Leviete, wat die eersgeborene van die Koragiet Sallum was, het amptelik die toesig oor die bakwerk gehad.
 
32 En van die kinders van die Kehatiete, van hulle broers, moes sorg vir die toonbrode om dit elke sabbat klaar te maak.
 
33 En dit was die sangers, hoofde van families van die Leviete, in die kamers, vry van ander diens; want hulle was dag en nag in hul dienswerk besig.
 
34 Dit was die hoofde van families van die Leviete, hoofde volgens hulle afstamming; hulle het in Jerusalem gewoon.
 
35 En in Gíbeon het die vader van Gíbeon, Jeï-el, gewoon; en die naam van sy vrou was Máäga.
 
36 En Abdon was sy eersgebore seun, dan Sur en Kis en Baäl en Ner en Nadab
 
37 en Gedor en Agjo en Sagaría en Miklot.
 
38 En Miklot was die vader van Símeam; en hulle het ook teenoor hulle broers in Jerusalem saam met hulle broers gewoon.
 
39 En Ner was die vader van Kis, en Kis van Saul, en Saul van Jónatan en Malkisúa en Abinádab en Ésbaäl.
 
40 En die seun van Jónatan was Merib-baäl, en Merib-baäl was die vader van Miga.
 
41 En die seuns van Miga was:Piton en Meleg en Tagréa.
 
42 En Agas was die vader van Jaëra, en Jaëra van Alémet en Asmáwet en Simri; en Simri was die vader van Mosa;
 
43 en Mosa was die vader van Bínea; en sy seun was Refája, sy seun Eleása, sy seun Asel.
 
44 En Asel het ses seuns gehad, en dít is hulle name:Asríkam, Bogru en Ismael en Seárja en Obádja en Hanan; dit was die seuns van Asel.
 
 

  [ Prev ] 1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | [ Next ]