Bible-Server.org  
 
 
Praise the Lord, all ye nations      
Psalms 117:1       
 
enter keywords   match
 AND find keywords in
diacritics
Home Page
Genesis
Exodus
Levítikus
Númeri
Deuteronómium
Josua
Rigters
Rut
1 Samuel
2 Samuel
1 Konings
2 Konings
1 Kronieke
2 Kronieke
Esra
Nehemía
Ester
Job
Psalms
Spreuke
Prediker
Hooglied
Jesaja
Jeremia
Klaagliedere
Eségiël
Daniël
Hoséa
Joël
Amos
Obadja
Jona
Miga
Nahum
Hábakuk
Sefánja
Haggai
Sagaría
Maleági
Matthéüs
Markus
Lukas
Johannes
Handelinge
Romeine
1 Korinthiërs
2 Korinthiërs
Galásiërs
Efésiërs
Filippense
Kolossense
1 Thessalonicense
2 Thessalonicense
1 Thimótheüs
2 Thimótheüs
Titus
Filémon
Hebreërs
Jakobus
1 Petrus
2 Petrus
1 Johannes
2 Johannes
3 Johannes
Judas
Openbaring
 
 

 
 
translate into
1 Kronieke Chapter14
 
1 Toe stuur Hiram, die koning van Tirus, boodskappers na Dawid met sederhout en messelaars en skrynwerkers om vir hom 'n huis te bou.
 
2 So het Dawid dan gewaargeword dat die HERE hom as koning oor Israel bevestig het en dat sy koningskap hoog verhewe was ter wille van sy volk Israel.
 
3 En Dawid het in Jerusalem nog meer vroue geneem, en Dawid het die vader van nog meer seuns en dogters geword.
 
4 En dit is die name van die kinders wat hy in Jerusalem gehad het:Sámmua en Sobab, Natan en Salomo
 
5 en Jibhar en Elisúa en Elpélet
 
6 en Noga en Nefeg en Jafía
 
7 en Elisáma en Beëljada en Elifélet.
 
8 Toe die Filistyne hoor dat Dawid as koning oor die hele Israel gesalf was, het al die Filistyne opgetrek om Dawid te soek. Toe Dawid dit hoor, het hy teen hulle uitgetrek.
 
9 En die Filistyne het gekom en hulle versprei in die dal Refáim.
 
10 Toe het Dawid God geraadpleeg en gesê:Sal ek optrek teen die Filistyne, en sal U hulle in my hand gee? En die HERE het aan hom gesê:Trek op, en Ek sal hulle in jou hand gee.
 
11 En toe hulle optrek by Baäl-Pérasim, het Dawid hulle daar verslaan, en Dawid het gesê:God het deur my hand deur my vyande gebreek soos water deurbreek; daarom het hulle dié plek Baäl-Pérasim genoem.
 
12 En hulle het hul gode daar agtergelaat; en Dawid het bevel gegee, en hulle is met vuur verbrand.
 
13 Maar die Filistyne het hulle nog weer in die dal versprei.
 
14 Toe raadpleeg Dawid God weer, en God het aan hom gesê:Jy moet nie agter hulle aan optrek nie; trek om, van hulle af weg, en val hulle vlak voor die balsembosse aan.
 
15 En as jy 'n geruis van voetstappe in die toppe van die balsembosse hoor, trek dan uit vir die geveg, want God het voor jou uitgetrek om die leër van die Filistyne te verslaan.
 
16 En Dawid het gedoen soos God hom beveel het, en hulle het die leër van die Filistyne verslaan van Gíbeon af tot by Geser.
 
17 En die naam van Dawid het uitgegaan in al die lande, en die HERE het die skrik vir hom op al die nasies gelê.
 
 

  [ Prev ] 1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | [ Next ]