Bible-Server.org  
 
 
Praise the Lord, all ye nations      
Psalms 117:1       
 
enter keywords   match
 AND find keywords in
diacritics
Home Page
Genesis
Exodus
Levítikus
Númeri
Deuteronómium
Josua
Rigters
Rut
1 Samuel
2 Samuel
1 Konings
2 Konings
1 Kronieke
2 Kronieke
Esra
Nehemía
Ester
Job
Psalms
Spreuke
Prediker
Hooglied
Jesaja
Jeremia
Klaagliedere
Eségiël
Daniël
Hoséa
Joël
Amos
Obadja
Jona
Miga
Nahum
Hábakuk
Sefánja
Haggai
Sagaría
Maleági
Matthéüs
Markus
Lukas
Johannes
Handelinge
Romeine
1 Korinthiërs
2 Korinthiërs
Galásiërs
Efésiërs
Filippense
Kolossense
1 Thessalonicense
2 Thessalonicense
1 Thimótheüs
2 Thimótheüs
Titus
Filémon
Hebreërs
Jakobus
1 Petrus
2 Petrus
1 Johannes
2 Johannes
3 Johannes
Judas
Openbaring
 
 

 
 
translate into
Númeri Chapter29
 
1 En in die sewende maand, op die eerste van die maand, moet daar vir julle 'n heilige samekoms wees; géén beroepswerk mag julle doen nie; dit moet vir julle 'n dag van trompetgeklank wees.
 
2 Dan moet julle 'n brandoffer as lieflike geur vir die HERE berei:een jong bul, een ram, sewe jaaroud lammers sonder gebrek;
 
3 en hulle spysoffer:fynmeel met olie gemeng, drie-tiendes van 'n efa vir die bul, twee-tiendes vir die ram,
 
4 en een-tiende vir elke lam van die sewe lammers;
 
5 en een bokram as sondoffer om vir julle versoening te doen;
 
6 behalwe die brandoffer van die nuwemaan en die spysoffer wat daarby behoort, en die voortdurende brandoffer en die spysoffer wat daarby behoort, en hulle drankoffers volgens die daarvoor geldende voorskrif--tot 'n lieflike geur, 'n vuuroffer aan die HERE.
 
7 En op die tiende van hierdie sewende maand moet daar vir julle 'n heilige samekoms wees, en julle moet julle verootmoedig; géén werk mag julle doen nie.
 
8 Dan moet julle 'n brandoffer as lieflike geur aan die HERE bring:een jong bul, een ram, sewe jaaroud lammers; sonder gebrek moet hulle vir julle wees;
 
9 en hulle spysoffer:fynmeel met olie gemeng, drie-tiendes vir die bul, twee-tiendes vir die een ram,
 
10 een-tiende vir elke lam van die sewe lammers;
 
11 een bokram as sondoffer, behalwe die sondoffer van versoening en die voortdurende brandoffer en die spysoffer wat daarby behoort--en hulle drankoffers.
 
12 En op die vyftiende dag van die sewende maand moet daar vir julle 'n heilige samekoms wees; géén beroepswerk mag julle doen nie, maar julle moet sewe dae lank vir die HERE 'n fees vier.
 
13 En julle moet as brandoffer, as vuuroffer van lieflike geur aan die HERE bring:dertien jong bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers; sonder gebrek moet hulle wees;
 
14 en hulle spysoffer:fynmeel met olie gemeng, drie-tiendes vir elke bul van die dertien bulle, twee-tiendes vir elke ram van die twee ramme,
 
15 en een-tiende vir elke lam van die veertien lammers;
 
16 en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort.
 
17 Daarna op die tweede dag:twaalf jong bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers sonder gebrek;
 
18 en hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die voorskrif;
 
19 en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffers, en die spysoffer en drankoffers wat daarby behoort.
 
20 En op die derde dag:elf bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers sonder gebrek;
 
21 en hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die voorskrif;
 
22 en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, en die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort.
 
23 Verder op die vierde dag:tien bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers sonder gebrek;
 
24 hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die voorskrif;
 
25 en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort.
 
26 En op die vyfde dag:nege bulle, twee ramme en veertien jaaroud lammers sonder gebrek;
 
27 en hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die voorskrif;
 
28 en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, en die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort.
 
29 Daarna op die sesde dag:agt bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers sonder gebrek;
 
30 en hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die voorskrif;
 
31 en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort.
 
32 En op die sewende dag:sewe bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers sonder gebrek;
 
33 en hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die daarvoor geldende voorskrif;
 
34 en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort.
 
35 Op die agtste dag moet daar vir julle 'n feestyd wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.
 
36 En julle moet as brandoffer, as vuuroffer van lieflike geur aan die HERE bring:een bul, een ram, sewe jaaroud lammers sonder gebrek;
 
37 hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bul, die ram en die lammers, na hulle getal, volgens die voorskrif;
 
38 en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, en die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort.
 
39 Dit moet julle tot eer van die HERE op jul feestye berei, behalwe julle geloftes en julle vrywillige gawes, of dit al brandoffers is of spysoffers of drankoffers of dankoffers.
 
40 En Moses het aan die kinders van Israel alles gesê net soos die HERE Moses beveel het.
 
 

  [ Prev ] 1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | 32 | 33 | 34 | 35 | 36 | [ Next ]