Bible-Server.org  
 
 
Praise the Lord, all ye nations      
Psalms 117:1       
 
enter keywords   match
 AND find keywords in
diacritics
Home Page
Genesis
Exodus
Levítikus
Númeri
Deuteronómium
Josua
Rigters
Rut
1 Samuel
2 Samuel
1 Konings
2 Konings
1 Kronieke
2 Kronieke
Esra
Nehemía
Ester
Job
Psalms
Spreuke
Prediker
Hooglied
Jesaja
Jeremia
Klaagliedere
Eségiël
Daniël
Hoséa
Joël
Amos
Obadja
Jona
Miga
Nahum
Hábakuk
Sefánja
Haggai
Sagaría
Maleági
Matthéüs
Markus
Lukas
Johannes
Handelinge
Romeine
1 Korinthiërs
2 Korinthiërs
Galásiërs
Efésiërs
Filippense
Kolossense
1 Thessalonicense
2 Thessalonicense
1 Thimótheüs
2 Thimótheüs
Titus
Filémon
Hebreërs
Jakobus
1 Petrus
2 Petrus
1 Johannes
2 Johannes
3 Johannes
Judas
Openbaring
 
 

 
 
translate into
Job Chapter14
 
1 Die mens uit 'n vrou gebore, is kort van dae en sat van onrus.
 
2 Hy spruit uit soos 'n blom en verwelk; ook vlug hy soos 'n skaduwee en hou nie stand nie.
 
3 En oor so een maak U die oë oop, en U bring my voor u gereg.
 
4 Ag, kon maar 'n reine voortkom uit 'n onreine--nie een nie!
 
5 As dan sy dae vasgestel is, die getal van sy maande by U is, U vir hom grense gestel het waar hy nie oor kan gaan nie,
 
6 kyk dan weg van hom af, dat hy kan rus--totdat hy soos 'n dagloner hom tevrede voel met sy dag.
 
7 Want vir 'n boom is daar verwagting:as dit afgekap word, loop dit weer uit en sy loot ontbreek nie.
 
8 As sy wortel oud word in die aarde en sy stam sterf in die stof--
 
9 van die reuk van die water spruit dit weer uit, en dit maak 'n tak soos 'n jong plantjie.
 
10 Maar 'n man sterwe en is magteloos; ja, 'n mens blaas die asem uit en--waar is hy?
 
11 Die waters verdwyn uit die groot waterplas, en die rivier droog uit en lê droog--
 
12 so lê die mens daar sonder om weer op te staan; totdat die hemele nie meer is nie, word hulle nie wakker of uit hul slaap opgewek nie.
 
13 Ag, as U my maar in die doderyk wou wegsteek, my wou verberg totdat u toorn bedaar het, my 'n bepaalde tyd wou stel en dan aan my wou dink!
 
14 As 'n mens sterwe, sal hy weer lewe? Dan sou ek hoop al die dae van my stryd totdat my aflossing kom;
 
15 U sou roep, en ek sou U antwoord, na die maaksel van u hande sou U verlang.
 
16 Want nou tel U my voetstappe. Let U nie op my sonde nie?
 
17 My oortreding is verseël in 'n bondeltjie, en U sluit my ongeregtigheid weg.
 
18 Maar soos 'n berg stukkend val as dit neerstort, en 'n rots versit word uit sy plek;
 
19 die water klippe glad skuur; die stortvloede daarvan die grond van die aarde wegspoel; so is die verwagting van 'n mens--U maak dit tot niet.
 
20 U oorweldig hom vir ewig, en hy gaan heen; U verander sy gelaat en stuur hom weg.
 
21 Sy kinders kom in eer, maar hy word dit nie gewaar nie; en hulle word gering, maar hy let nie op hulle nie.
 
22 Net sy vlees aan hom voel pyn, en sy siel in hom treur.
 
 

  [ Prev ] 1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | 32 | 33 | 34 | 35 | 36 | 37 | 38 | 39 | 40 | 41 | 42 | [ Next ]