Bible-Server.org  
 
 
Praise the Lord, all ye nations      
Psalms 117:1       
 
enter keywords   match
 AND find keywords in
diacritics
Home Page
Genesis
Exodus
Levítikus
Númeri
Deuteronómium
Josua
Rigters
Rut
1 Samuel
2 Samuel
1 Konings
2 Konings
1 Kronieke
2 Kronieke
Esra
Nehemía
Ester
Job
Psalms
Spreuke
Prediker
Hooglied
Jesaja
Jeremia
Klaagliedere
Eségiël
Daniël
Hoséa
Joël
Amos
Obadja
Jona
Miga
Nahum
Hábakuk
Sefánja
Haggai
Sagaría
Maleági
Matthéüs
Markus
Lukas
Johannes
Handelinge
Romeine
1 Korinthiërs
2 Korinthiërs
Galásiërs
Efésiërs
Filippense
Kolossense
1 Thessalonicense
2 Thessalonicense
1 Thimótheüs
2 Thimótheüs
Titus
Filémon
Hebreërs
Jakobus
1 Petrus
2 Petrus
1 Johannes
2 Johannes
3 Johannes
Judas
Openbaring
 
 

 
 
translate into
1 Thessalonicense Chapter5
 
1 Maar oor die tye en geleenthede, broeders, het julle nie nodig dat aan julle geskryf word nie;
 
2 want julle weet self baie goed dat die dag van die Here kom net soos 'n dief in die nag.
 
3 Want wanneer hulle sê:Vrede en veiligheid--dan oorval 'n skielike verderf hulle soos die barensnood 'n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie.
 
4 Maar julle, broeders, is nie in duisternis, dat die dag julle soos 'n dief sou oorval nie.
 
5 Julle is almal kinders van die lig en kinders van die dag; ons is nie van die nag of die duisternis nie.
 
6 Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees.
 
7 Want die wat slaap, slaap in die nag; en die wat dronk word, is in die nag dronk.
 
8 Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees, met die borswapen van geloof en liefde aan, en as helm die hoop op die saligheid.
 
9 Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus
 
10 wat vir ons gesterf het, sodat ons, of ons waak en of ons slaap, saam met Hom kan lewe.
 
11 Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen.
 
12 Maar ons vra julle, broeders, erken die wat onder julle arbei en julle voorgangers in die Here is en julle vermaan;
 
13 en bewys hulle in liefde die hoogste agting ter wille van hulle werk. Hou vrede onder mekaar.
 
14 En ons versoek julle, broeders, vermaan die onordelikes, bemoedig die kleinmoediges, ondersteun die swakkes, wees lankmoedig teenoor almal.
 
15 Sorg dat niemand 'n ander kwaad vir kwaad vergeld nie; maar jaag altyd ná wat goed is, teenoor mekaar sowel as teenoor almal.
 
16 Wees altyddeur bly.
 
17 Bid sonder ophou.
 
18 Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.
 
19 Blus die Gees nie uit nie.
 
20 Verag die profesieë nie.
 
21 Beproef alle dinge; behou die goeie.
 
22 Onthou julle van elke vorm van kwaad.
 
23 En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus!
 
24 Hy wat julle roep, is getrou; Hy sal dit ook doen.
 
25 Broeders, bid vir ons.
 
26 Groet die broeders almal met 'n heilige kus.
 
27 Ek besweer julle by die Here dat hierdie brief aan al die heilige broeders voorgelees word.
 
28 Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle! Amen.
 
 

  [ Prev ] 1 | 2 | 3 | 4 | |